CILA PAUER

Default profile image
----------

BLOG#6

3 Mar 2021, 15:42 Publicly Viewable
  • Watter moontlike meganismes is ter sprake by die ontstaan van toleransie teenoor chroniese alkohol inname?

Sentrale senuweestelsel aanpassing a.g.v. aanhoudende stimulasie veroorsaak ʼn verhoogde metabolisme tempo van alkohol. Asook kruistoleransie van ander sedatief hipnotika kan maak dat mens ʼn hoër toleransie het teenoor alkohol met chroniese gebruik.

  • Watter toksiese effekte het chroniese alkoholgebruik op die lewer en lewer metabolisme?

Dit veroorsaak ʼn progressiewe vermindering in lewerfunksie. Dit veroorsaak dat die lewer hard word, sirrose asook hepatitis.

Glukoneogenese verminder in die lewer wat tot hipoglukemie en vet akkumulasie kan lei.

  • Wat is Wernicke-Korsakoff-sindroom en hoe word dit behandel?

Dit is ʼn geestesversteuring wat gekenmerk word deur erge geheue verlies. Nog ʼn simptoom is ataksie wat verlies aan spier koördinering is. Behandeling sluit die neem van vit B mondeliks of intraveneus, parenterale tiamien. Behandeling vir alkoholisme is ook nodig.

  • Wat is die fetale alkoholsindroom?  Verduidelik volledig.

Indien ʼn vrou alkohol gebruik tydens swangerskap kan dit teratogenies effekte tot gevolg hê. Dit veroorsaak groei probleme en breinskade. Algemene kenmerke is onderontwikkeling van middelste gesig area en mikrokefalie. Etanol bereik die baba deur die naelstring en kruis die plasenta, fetale lewer besit min of geen alkohol dehidrogenase aktiwiteit nie. Die fetus kan daarom nie die alkohol verwerk nie en het dieselfde hoeveelheid alkohol in sy bloed as wat die ma in hare het vir ʼn langer tyd. Die alkohol het n invloed op hoe senuwees ontwikkel en dit kan selle dood maak.

  • Hoe verskil die farmakokinetiese interaksies van akute en chroniese alkoholgebruik?

Chroniese gebruik van etanol verhoog die metaboliese transformasie van ander geneesmiddels. Terwyl akute alkohol gebruik die metabolisme van middels verlaag.

  • Noem 4 geneesmiddel interaksies met alkohol waar die farmakologiese effekte van die ander middels deur alkohol gepotensieer word. 

Akute alkohol gebruik verlaag die metabolisme van middels soos Fenotiasiene en se sedatief-hipnotika middels soos bensodiasepiene.

Indien alkohol saam met Aspirien geneem word verhoog dit die antiplaatjiekleefbaarheidseffekte daarvan.

Alkohol potensieer ook die effekte van vasodilatore soos Nitrogliserien.

Alkohol keer ook die metabolisme van Parasetamol.