Absorpsie en verspreiding van die middels word bepaal deur die bensodiasepiene se vet oplosbaarheid , indien n middel hoogs lipofilies is sal hy vinniger versprei en dan ook vinniger n effek lewer. Klinies is die belangrik want indien dit n noodgeval is sal n mens eerder n middel wil toedien wat n vinnige werking het maar indien die persoon n langdurige effek wil he is dit beter om n middel te gebruik met stadiger aanvang wat n langer werkingsduur sal he.
Herdistribusie is wanneer n middel vanaf sy oorspronklike plek van werking beweeg na ander weefsel en daar akkumuleer, dit vor n depo en lei daartoe dat die medikasie vir n langer tydperk aan die ligaaam toe gedien word. Dit is belangrik om hierdie in ag te neem wanneer die middels geadministreer word omdat dit verskeie ongewensde effekte kan veroorsaak.
BD's word volgens 3 stappe gemetaboliseer deur lewermikrosomale ensieme. Eerstens: Dealkilering van aktiewe metaboliete daarna oksidasie deur middel van sitochroom P450. Derde: Konjugasie van die geoksideerde metaboliet met glukuronsuur wat dan lei tot n onaktiewe metaboliet.
middels wat na aktiewe metaboliete omgeskakel word: diasepam, chloorasepaat, prasepam, chloordiasepoksied, ketasolam. Die aktivering van metaboliete veroorsaak n verlengde effek wat nodig kan wees indien dit vereis word in die terapie van die pasient.
sommige middels is nie afhanklik van sitochroom P450 ensiem metabolisme nie nl: oksasepam, lorasepam, temasepam, lormetasepam. Die voordeel heirvan is dat dit beter middels is om te gebruik by bejaarde pasiente, neonate, pasiente met lewersirrose, pasiente wat terapie ontvang met P450 remmers.
ensiem induksie is n toename in die biosintese van die kataliserende ensiem. voorbeelde simetidien,ketokonasool, eritromisien, fluvoksaamien. Ensiem induksie kan die afbraak van middels versnel wat bealngrik kan wees by toksifisering.