Blog #3
Leereenheid 2.3 Farmakokinetika van BD’e en Barbiturate
Die tempo van absorpsie en verspreiding word bepaal deur die BDé se vetoplosbaarheid, m.a.w. lipofilisiteit. BD'e is lipofiel en kan dus vetselle binnedring waar dit geberg word en geleidelik in die bloedstroom vrygestel word om die GM-konsentrasie te handhaaf (depo effek). BD'e is vetoplosbaar, beweeg vinnig deur die bloedstroom en gaan oor die bloedbreinskans vir 'n vinnige aanvang van werking. Ons sien dus vining sentraal senu onderdrukkende effekte.
Herdistribusie word gesien by Barbiturate bv. Tiopentoon wat ‘n hoogs lipied oplosbare middel is. Die GM beweeg baie vining van en na die brein na vetweefsel wat depo vorm en dan van daar uitgeskei word. Die belang van herditribusie is dat die GM vir ‘n lang of redelike lang tydperk in liggaam vir verlengde werking.
BD's word gemetaboliseer in drie stappe:
- Dealkilering - Aktiewe metaboliete word gevorm.
-Oksidasie - Sitochroom P450: vorm die aktiewe metaboliete.
- Konjugasie - Onaktiewe metaboliet word gevorm deur aan endogene substans: glukuronsuur te bind wat dan meer wateroplosbaar is en uitgeskei word.
Die eerste 2 stappe is fase 1 en die laaste stap is fase 2.
Diasepam, Chloorasepaat, Prasepam, Chloordiasepoksied en Ketasolam. Deur aktiewe metaboliete wat vorm dra dit by tot verlengde werkingsduur van die middel.
Oksasepam, Lorasepam, Temasepam en Lormetasepam word nie gealkileer of geoksideer tydens metabolisme nie, maar onmiddellik gekonjugeer. Hierdie middels sal dus ideaal wees by pasiënte met 'n lae werking van sitochroomP450 (verantwoordelik vir oksidasie) sodat metabolisme nog voldoende kan plaasvind. GEEN AKTIEWE METABOLIETE VORM NIE. Ideaal vir bejaardes, neonate, pasiente met lewersirrose en terapie met P450 ensiemremmers.
Ensieminduksie kan gedefinieer word as die toename in die biosintese van katalitiese aktiewe ensiem na blootstelling aan die organisme aan chemiese middels of fisiologiese toestande. (Die ensiem word geinduseer om vining die middel vining te metaboliseer of aft e breek).
Sedatief hipnotiese middels bekend hiervoor is die barbiturate.
Hierdie middels sal dus (nadat dit deur fase 1 gemetaboliseer is) 'n hipnotiese-kalmerende of anksiolitiese effek in die sentrale senuweestelsel hê.