LARA DE VILLIERS

Default profile image
----------

Blog #5

4 Mar 2021, 12:24 Publicly Viewable

Blog #5

Leereenheid 3.1 Farmakokinetika van alkohole

  • Watter tipe kinetika ondergaan etanol in die liggaam?  Verduidelik ook wat die kliniese betekenis hiervan is.

Alkohol is lipofiel en het dus 'n vinnige verspreidings- en absorpsietempo. Dit kan die bloedbreinskans oorsteek en 'n SSS-onderdrukker wees. As iemand alkohol op 'n leë maag neem, kan die hoogste vlakke binne 30 minute bereik word. Die Piek-konsentrasies by vroue kan makliker bereik word, aangesien mans meer liggaamsvloeistowwe (water) in hul liggaam het om die alkohol te verdun. Alkohol word deur die lewer gemetaboliseer en kan 2 ensiem sisteme aktiveer, nl. Alkoholdehidrogenase met lae en matige hoeveelhede alkohol ingeneem en die MEOS (mikrosomale etanol osidasie sisteem) met hoer konsentrasies alkohol inname.

  • Gee ‘n kort opsomming van die metaboliese weë van etanolmetabolisme.

Metaboliese wee vind plaas deur twee ensiem sisteme:

1) Alkoholdehidrogenase stelsel - Gewoonlik as daar 'n lae hoeveelheid alkohol in die liggaam is. Ko-Ensiem NAD breek alkohol in asetaldehied af en aldehieddehidrogenase ensiem skakel dit om in asetaat. Hierdie stelsel kan versadig wees (zero-orde), m.a.w. ongeag die hoeveelheid ingeneem, die tempo van afbraak bly konstant.

2) Mikrosomale etanol oksidasie (gemengde funksie-oksidasie) - gewoonlik as daar 'n groter hoeveelheid alkohol in die liggaam is. (> 100 mg / dL). Alkohol word in asetaldehied afgebreek en aldehieddehidrogenase sal dit in asetaat omskakel.

  • Watter geneesmiddels kan hierdie metabolisme beïnvloed en wat is die effekte daarvan?

Disulfiram, Metronidasool, Hipoglisemiese GM’s en Kefalosporiene.

Hierdie middels inhibeer ensiemaldehieddehidrogenase wat asetaldehied in asetaat omskakel. Die ophoping van asetaldehied veroorsaak simptome soos naarheid, hoofpyn, duiseligheid, ens. Die gevoel is nie aangenaam nie en in die algemeen word hierdie middels gebruik by mense met 'n hoë toleransie vir alkohol.