Wat beteken anterograde amnesie en watter middels kan hierdie effek veroorsaak?
Anterograde amnesia is wanneer die pasiënt nie gebeure kan onthou gedurende die tyd wat die geneesmiddel werk. Dit word veroorsaak deur meeste bensodiasepien soos triazolam.
Noem die effekte van die sedatief-hipnotiese middels op die normale slaappatroon en verduidelik wat is die belang daarvan vir die pasiënt.
Effekte van sedatief-hipnotiese middels, veral BD’e, sluit in korter tyd wat dit neem vir die pasiënt om aan die slaap te raak en verleng die totale tyd wat die pasiënt slaap. Dit is belangrik vir pasiënte watr minder as 6 ure se slaap kry.
BD’e verminder REM slap op ‘n klein skaal, maar teen hoër dosisse verminder dit REM slaap meer. Die tyd van NREM fase 4 veminder, maar NREM fase 2 verleng. Zolpidem verminder REM slaap, min effek op SWS.
Watter van die sedatief-hipnotika word as aanvullende terapie in anestesie gebruik. Kan jy verduidelik hoekom?
Barbiturate
Midazolam
Diazepam
Lorazepam
Die BD’e word as aanvullende terapie deur middle van IV aan die pasiënt gegee en het relatiewe lang half-leeftye. Aktiewe metabolite word ook gevorm. Deur BD’e in hoë dosisse te gee as aanvullend tot anestesie mag dalk bydra tot aanhoudende post-narkose respiratoriese depressie.
Watter van die sedatief-hipnotika word as antikonvulsante gebruik?
BD’e - Clonazepam
Nitrazepam
Lorazepam
Diazepam
Barbiturates - Phenobarbital
Metharbital
Wat is die meganisme van die spierverslappende effekte van sommige van die karbamate en die BD’e?
Diasepam en meprobamaat inhibeer polisinaptiese reflekse.
Bespreek die effekte van die sedatief-hipnotika op die respiratoriese en kardiovaskulêre stelsels.
Sedatief-hipnotika kan lei tor medulêre depressie en dood.
Indien terapeutiese dosisse gebruik word veroorsaak dit onderdrukking van pulmonêre siekte en kardiovaskulêre onderdrukkinfg van KVS.