THEA VISAGIE

Default profile image
----------

Blog #3

4 Mar 2021, 14:48 Publicly Viewable
  • Watter faktore kan die absorpsie en verspreiding van sedatief-hipnotiese middels beïnvloed?  Wat is die kliniese belang hiervan?
    • Bd’e se lipofiliteit bepaal die tempo waarteen dit geabsorbeer word. Dit is belangrik om te bepaal of ‘n geneesmiddel as lang-werkend of kort-werkend toegedien moet word.

  • Wat beteken herdistribusie en wat is die belang daarvan?
    • Heredistribusie is wanneer die geneesmiddel wat hoogs lipofilies is, gewoontlik toegedien deur IV of inhalasie metodes versprei word na organe met hoë bloedvloei. Die geneesmiddel versprei dan na minder vaskulêre, maar groter weefsel. Die plasma konsentrasie verlaag en die geneesmiddel word dan getrek vanaf die weefsel.
    • Dit is belangrik want dit kan lei tot beëindiging van die geneesmiddel se aksie.

  • Hoe word die BD’e gemetaboliseer?  Gee die verskillende stappe in die proses.
    • Dealkilering (Aktiewe metaboliete)
    • Oksidasie ( Sit P450: aktiewe metabolite)
    • Konjugasie (Fase 2) van geoksideerde metabolite met glukuronsuur om onaktiewe metabolite te vorm

  • Watter BD’e word na aktiewe metaboliete omgeskakel?  Wat is die belang hiervan?
    • Diasepam
    • Chloorasepaat
    • Prasepam
    • Chloordiasepksied
    • Ketasolam
    • Al die metabolisme stappe word ondergaan en deur ‘n aktiewe metabolite te vorm verleng dit die geneesmiddel se werkingsduur. Kummulatiewe effekte met veelvuldige dosisse.

  • Watter BD’e is nie afhanklik van die sitochroom P45 oksidatiewe ensieme vir metabolisme nie?  Wat is die voordele hiervan?
    • Oksasepam
    • Lorasepam
    • Temasepam
    • Lormetasepam
    • Die middels word gebruik by pasiënte waar Sitochroom P450 aktiwiteit vertraag is bv. Bejaardes, neonate, pasiënte met lewersirrose en waar terapie met P450 ensiemremmers gebruik word.

  • Wat is ensieminduksie?  Watter van die sedatief-hipnotiese middels is bekend hiervoor?  Wat is die kliniese belang van hierdie ensieminduksie?
    • Ensieminduksie is die proses waar ‘n molekule ‘n ensiem stimuleer.
    • Barbiturate en meprobamaat
    • Ensieminduksie is klinies belangrik om toksisiteit te voorkom.