3.1 FARMAKOKINETIKA
Blog #5
Alkohol is ‘n klien wateroplosbare molekule wat vinnig geabsorbeer word uit die gastro-intestinale kanaal. Omdat alkohol ook ‘n hoë lipofiliese karakter het, word dit wyd versprei deur die liggaam en kan ook oor die bloedbreinskans beweeg. In vastende toestande sal piekvlakke van alkohol in die liggaam binne 30 min bereik word.
Die volume van distribusie van alkohol is ook afhanklik van die totale aantal liggaam water wat ‘n persoon beskik, wat beinvloed word deur die persoon se liggaamsmassa. 90% van alkohol word deur die lewe gemetaboliseer en die oorblywende 10% deur die longe en uriene. Die “fixed amount” vir alkoholmetabolisme in ‘n volwasse persoon is ongveer 1g/10kg liggaamsmassa
1. Alkoholdehidrogenase:
2. MEOS = Mikrosomale etanol oksidasie (Gemengde funksie oksidases)
Disulfiram, Metronidasool, Kefalosporiene, Hipoglisemiese geneesmiddels
Bronverwysing
Katzung, B.G. ed. 2015. Basic & Clinical Pharmacology, 14th ed. New York: McGraw-Hill. p. 396-408