MARI VAN RHYN

Default profile image
MARI VAN RHYN

Blog #6

10 Mar 2021, 23:17 Publicly Viewable

3.3 CHRONIESE EFFEKTE VAN ALKOHOL

Blog #6

  • Watter moontlike meganismes is ter sprake by die ontstaan van toleransie teenoor chroniese alkoholinname?
  • SSS aanpassing tot chroniese gebruik op reseptore of op 2de boodskapper vlak waar nodige aanpassings gemaak word
  • Verhoging in metaboliese tempo met chroniese gebruik van alkohol (indusering van MEOS)

  • Watter toksiese effekte het chroniese alkoholgebruik op die lewer en lewermetabolisme?
  • Progressiewe verlaging in lewerfunksie, veroorsaak hepatitis & sirrose simptome, asook verharding van lewerselle
  • Glukoneogenese verlaging - hipoglukemie en vetakkumulasie (nutriëntgebreke dra by hiertoe)
  • Verhoogte aktiwiteit van lewermikrosomale ensieme, nie net MEOS nie, ander ensieme ook - dra dus by tot interaksies met ander geneesmiddels

  • Wat is Wernicke-Korsakoff-sindroom en hoe word dit behandel?

Wernicke-Korsakoff sindroom is ‘n neurologiese toestand wat gepaard gaan met simptome soos ataksie, verwarring en paralise van gesigspiere. Hierdie sindroom word hoofsaak veroorsaak deur ‘n tiamien (vitamien B1).  Dit word veroorsaak deur chroniese alkohol gebruik.  

BEHANDELING: parenterale toediening van tiamien om permanente breinskade te voorkom, maar dit is nie altyd omkeerbaar nie

  • Wat is die fetale alkoholsindroom?  Verduidelik volledig.

Fetale alkoholsindroom ontstaan wanneer ‘n vrou alkohol gebruik terwyl sy swanger is. Die gebruik van alkohol tydens swangerskap het teratogeniese effekte vir die fetus wat kan lei tot die volgende manifestasie van die sindroom in die kind:

  • Verstandelike vertraging
  • Groeigebreke
  • Mikrokefalie (brein is kliener as wat dit normaalweg is)
  • Karakteristieke onderontwikkeling van middelste gesigarea

  • Hoe verskil die farmakokinetiese interaksies van akute en chroniese alkoholgebruik?

Akute alkohol gebruik: Verlaagde metabolisme van sekere geneesmiddels bv, fenotiasiene, wat veroorsaak dat akkumulasie van die geneesmiddel in die liggaam plaasvind

Chroniese alkohol gebruik: Verhoog metaboliese transformasies van ander geneesmiddels in die liggaam bv. parasetamol wat die toksiese metaboliet NAPQI vorm

  • Noem 4 geneesmiddelinteraksies met alkohol waar die farmakologiese effekte van die ander middels deur alkohol gepotensieer word. 
  • Potensieering van hipertensiewe geneesmiddel effekte wat lei tot ‘n styging in bloeddruk
  • Potensieering van die vasodilatoriese effekte van nie-sedatiewe geneesmiddels
  • Potensieering van hipoglusemiese geneesmiddels wat veroorsaak dat die pasient se bloedsuiker na gevaarlik lae vlakke daal
  • Potensieering van aspirien se anti-plaatjiekleefbaarheid effekte, wat veroorsaak dat bloeding ‘n probleem kan wees wanneer dit in kombinasie met alkohol gebruik word

 

Bronverwysing

Katzung, B.G. ed. 2015. Basic & Clinical Pharmacology, 14th ed. New York: McGraw-Hill. p. 396-408