CALISTA VAN DER HEEVER

Default profile image
----------

Blog 3;

24 Mar 2021, 21:48 Publicly Viewable

1. Watter faktore kan die absorpsie en verspreiding van sedatief-hipnotiese middels beïnvloed? Wat is die kliniese belang hiervan?

Lipofiliteit beinvloed die absorpsie van 'n geneesmiddel. Dit kan dus 'n invloed he op die aksie van die geneesmiddel en die uitvoer van die geneesmiddel se effekte op die Sentrale Senuwee Stelsel. Geneesmiddels met 'n hoë lipofiliteit se aanvang van aksie is vinniger en het dus dan 'n groter effek op die SSS (dus ook visa versa omdat die geneesmidels nie oor die bloedbreinskans so effektief vloei nie).

2. Wat beteken herdistribusie en wat is die belang daarvan?

Herdistribusie van 'n geneesmiddel verwys na wanneer die geneesmiddel geabsorbeer word in die sistemiese sirkulasie en dan vervoer word na ander weefsels van die liggaam. Die proses help om die werkingstydperk van die geneesmiddel te verleng.

3. Hoe word BD's gemetaboliseer ? Gee die verskillende stappe van die proses.

Stap 1: Dealkilering - Aktiewe metaboliete kan vorm en dus aanleiding gee tot nog effekte.

Stap 2: Oksidasie - Bensodiasepiene word gemetaboliseer deur cytP450 en vorm dan aktiewe metaboliete.

Stap 3: Konjugasie - Fase 2 van die geoksideerde metaboliet bind aan glukuronsuur en vorm 'n wateroplosbaere onaktiewe metaboliet.

4. Watter BD's word na aktiewe metaboliete omgeskakel?  Wat is die belang hiervan?

Diasepam, Chloorasepaat, Prasepam, Chloordiasepoksied en ketazolam. 

Die belang hiervan is dat die werkingsduur verleng word omdat aktiewe metaboliete gevorm word, en ophoping vind plaas met meer dosisse.

5. Watter BD's is nie afhanklik van die sitochroom P450 oksidatiewe ensieme vir metabolisme nie? Wat is die voordele hiervan?

Bensodiasepiene soos Oksasepam, Lorasepam, temazepam en lormetazepam is nie afhanklik van CytP45 nie. Die voordeel hiervan is dat die geneesmiddels as keusemiddels kan optree wanneer CytP450 aktiwiteit vertraag is.

6. Wat is ensieminduksie? Watter van die sedatief-hipnotoniese middels is bekend hiervoor? Wat is die kliniese belang van hierdie ensieminduksie?

Ensieminduksie verlaag of verhoog die tempo van CytP450 sintese. Dit verhoog die substraat metabolisme en verlaag farmakologiese werking van die induseerder.

Die geneesmiddels wat ensieminduksie beïnvloed kan soos volg gelys word; Temazepam, Pentobarbital , Eszopiclone en Zolpidem. Die kliniese belang van ensieminduksie is dat dit erge sentrale senuwee onderdrukking kan veroorsaak, sowel as bensodiasepien akkumulasie kan plaasvind.