CALISTA VAN DER HEEVER

Default profile image
----------

Blog 5;

24 Mar 2021, 23:12 Publicly Viewable

1. Watter tipe kinetika ondergaan etanol in die liggaam? Verduidelik ook wat die kliniese betekenis hiervan is.

Etanol is hoogs lipofilies en word vinnig dus deur die liggaam versprei en geabsorbeer. Piekvlakke kan binne 30 minute bereik word indien die pt. vastend is.

Die volume van distribusie is afhanklik van die totale liggaamswater. Omdat vrouens minder liggaamswater het as mans is hul piekvlak hoër. Metabolisme van etanol vind plaas in die lewer  (90%) en die res van etanol word gemetaboliseeer in urine. Moegdheid kan veroorsaak word omdat oormatige alkoholverbruik die NAD+ store uitput.

Die kliniese belang van dié dat sedasie en goedvoel gevoel die gebruik van alkohol verhoog.

2. Gee 'n kort opsomming van die metaboliese weë van etanolmetabolisme.

Daar is 2 sisteme wat teenwoordig is as dit kom by die metabolisering van alkohol in die lewer.

  • Die eerste metaboliese weë is die gebruik van Alkohol Dehidrogenase wat die katalisering van alkohol oorsit na asetaldehied. Die weë werk deur zero-orde kinetika (weë kan versadig word en raak onafhanklik van die etanol konsentrasie). Alkohol dehidrogenase metaboliseer lae tot matige hoeveelhede van alkohol [7-10g/h] en is afhanklik van die ko-ensiem, NAD, om alkohol te metaboliseer.
  • Die tweede metaboliese weë is die mikrosomale etanol oksidasie sisteem (MEOS). Die weë metaboliseer alkohol by hoër konsentrasies [.100mg/dL]. Die aktiwiteit van die weë kan geinduseer word met kroniese inname van alkohol. Die MEOS metaboliseer alkohol na asetaldehied.

Wanneer alkohol omgekeer word na asetaldehied , dan sal aldehied-hidrogenase dit verder omskakel na asetaat wat opgebreek kan word na koolstofdioksied en water wat uitgeskei kan word deur uriene.

3. Watter geneesmiddels kan hierdie metabolisme beïnvloed en wat is die effekte hiervan?

Die geneesmiddels wat die metabolisme van alkohol beïnvloed kan soos volg gelys word; Disulfiram, Naltreksoon, Akamprosaat, Fenotioen, Metroidazole en Cephaloporin.

Die geneesmiddels inhibeer aldehied dehidrogenase wat die akkumulasie van asetaldehied in die liggaam veroorsaak. Dit lei daarna toe dat die abnormale hoeveelheid van asetaldehied die liggaam sal veroorsaak om negatiewe effekte te toon. Die effekte is naarheid, braking , ataksia en kopseer,