CORLI RAMSAUER

Default profile image
----------

Blog #10

29 Mar 2021, 21:50 Publicly Viewable

#BLOG 10: Leereenheid 8.2

Antwoord die volgende vir jou blog-opsomming:

  • Watter twee hoofgroepe middels is belangrik by die behandeling van Parkinsonisme?

Dopamienagoniste en Anti-cholinergiese middels.

  • Hoe werk amantadien as antiparkinsonistiese middel?
  1. Metaffinoïede potensieerder van dopamine
    • Verhoog die vrystelling van dopamine
    • Verhoog die sintese van dopamine
    • Blok die heropname van dopamine.
  2. NMDA Antagonis
    • Antidiskinetiese effekte
  3. Adenosien A2 antagonis
    • Adenosien inhibeer D2 reseptorfunksie. Dus verbeter die antagonis D2 reseptorfunksie.
  4. Antiviraal 
  • Bespreek die werkingsmeganismes van die antiparkinsonistiese middels wat dopamienkonsentrasie op ‘n indirekte wyse verhoog.

MAO-B remmers; Dopamien metabolisme word onderdruk en vlakke van dopamien in die SSS verhoog dan.

Safinamied: Veroorsaak potente omkeerbare inhibisie van MAO-B en inhibeer heropname van Dopamien

Istradefillien: Adenosien A2A antagonis – Adenosien inhibeer D2 funksie. Dus word D2-reseptorfunksie verbeter.

  • Watter van die dopamienagoniste is ergotderivate en watter nie?

Ergotderivate: Broomkriptien

Nie-ergotderivate: Pramipexole en Ropinirole  

  • Maak ‘n lys van die spesifieke dopamienreseptore wat deur elke agonis gestimuleer word.

AGONISTE:

Dopamien 2 Reseptor: Broomkriptien, Ropinipole

Dopamien 3 Reseptor: Pramipexole

  • Watter van hierdie middels word as neuronbeskermende middels geklassifiseer?  Wat beteken dit?

Pramipexole: Neurobeskermend – agv sy vermoe om op die uitkyk te wees vir waterstof peroksied en verhoog neurotropiese aktwiteit in mesencephalic dopaminergiese sel culture.

  • Wat is die belang van Monoamienoksidase B (MAO-B) selektiewe middels by die behandeling van Parkinsonisme?

Dopamien metabolisme word onderdruk en vlakke van dopamien in die SSS verhoog dan.

  • Hoe werk die COMT-remmers in Parkinsonisme?

COMT metaboliseer L-dopa na 3-O-metieldopa (3OMD) Verhoogde plasmavlakke van 3OMD swak terapeutiese respons met l-dopa (3OMD kompeteer met l-dopa vir aktiewe transportprosesse)

COMT-remmer verleng dus werkingsduur van L-dopa te danke aan ‘n afname aan sy perifere metabolisme en verbeter so L-dopa se biobeskikbaarheid.

  • Hoe werk Istradefilien?

Istradefillien: Adenosien A2A antagonis

– Adenosien inhibeer D2 funksie. Dus bevorder die antagonis D2-reseptor se funksie

  • Bespreek die werkingsmeganisme van safinamied

Veroorsaak potente omkeerbare inhibisie van MAO-B en inhibeer heropname van Dopamien

Dit verlaag ook glutamaat vrystelling.