RHODÉ MULDER

Default profile image
----------

Blog #6

6 Apr 2021, 15:18 Publicly Viewable
  1. Watter moontlike meganismes is ter sprake by die ontstaan van toleransie teenoor chroniese alkoholinname?

Mikrosomale etanol oksidasie (MEOS). Aktiwiteit verhoog met chroniese gebruik.

  1. Watter toksiese effekte het chroniese alkoholgebruik op die lewer en lewermetabolisme?

Hepatitis en sirrose simptome.

Verhoogde MEOS aktiwiteit

Glukoneogenese verlaag (verander hipoglukemie en vetakkumulasie)

Afname in lewerfunksie

  1. Wat is Wernicke-Korsakoff-sindroom en hoe word dit behandel?

Neurologiese skade aan die onderste geldeelte van die brein, thalamus en hipotalamus wat perifere neuropatie veroorsaak. Tekort aan tiamien veroorsaak die chroniese geheue steernis. Simptome sluit in paralise van gesigspiere, ataksie en verwarring. Ons kan dit behandel met onmiddelike toediening van tiamien (vitamien B1)

  1. Wat is die fetale alkoholsindroom?  Verduidelik volledig.

Alkoholmisbruik van ‘n swanger vrou en veroorsaak dat haar baba misvormd of verstandelik vertraag gebore word. Tetratogeniese effekte word gesien. Die kind kan groeigebrek he en hul brein kan fisies Kleiner wees as wat dit moet wees. Misbruik van alkohol in die eerste trimester kan lei tot karakteristieke onderontwikkeling van die middelste gesigarea.

  1. Hoe verskil die farmakokinetiese interaksies van akute en chroniese alkoholgebruik?

Chroniese alkoholmisbruik verhoog die metaboliese transformasie van ander geneesmiddels.

Akute alkoholmisbruik vertraag die metabolisme van geneesmiddels.

  1. Noem 4 geneesmiddelinteraksies met alkohol waar die farmakologiese effekte van die ander middels deur alkohol gepotensieer word.

Parasetamol, Vasodilators, hipoglusemiese middels, aspirien, parasetamol