Noem ‘n voorbeeld van elk van die drie fenotiasien-subfamilies en sê hoe hulle van mekaar verskil in terme van potensie en newe effekte?
Alifatiese syketting (Chloorpromasien)
Piperidien syketting (Perisiasien)
Piperasien syketting (Perfenasien)
Alifatiese en piperidien verbindings het dieselfde potensie (lae potensie met min EPS) en newe-effekte (anticholinergiese simptome, sedasie, kardiotoksies en alfa-litiese simptome soos posturale hipotensie)
Piperasien verbindings het ’n hoë potensie met meer EPS en swakker anticholinergiese effekte, minder sedasie, minder kardiovaskulêre newe-effekte en swakker alfa-litiese newe-effekte.
Watter reseptore word veral deur die tipiese antipsigotiese middels blokkeer?
Dopamien reseptore (veral D2)
Serotonien reseptore (5-HT2)
Hoe verskil die werkingsmeganisme van die atipiese middels van die van die tipiese middels?
Atipiese middels het ’n hoër affiniteit vir 5-HT2 reseptore, maar blok ook D2, M1, H1 en α1 reseptore. 5-HT2A reseptore word meer blokkeer as D2 reseptore.