JO-ANN ANNANDALE

Default profile image
----------

Blog #11

1 May 2021, 21:50 Publicly Viewable

Noem ‘n voorbeeld van elk van die drie fenotiasien-subfamilies en sê hoe hulle van mekaar verskil in terme van potensie en newe effekte?

Alifatiese en piperidienverbindings: chloorpromasien
Lae potensie, min EPS / Erge sedasie / Erge anticholinerge effekte / Sterk alfa-litiese effekte (posturale hipotensie) / Kardiotoksies

Piperasienderivate: Flufenasien
Hoe potensie, meer EPS / Swakker anticholinerge effekte / Swakker alfa-litiese effekte / Minder sedasie / Minder kardiovaskulere (KVS) newe-effekte

Tioxantane: Flupentiksol
Soortgelyke farmakologiese profiel as piperasienketting fenotiasiene / Minder potent as fenotiasiene / In lae dosisse, flupentiksol gebruik by behandeling van matige depressie

Watter reseptore word veral deur die tipiese antipsigotiese middels blokkeer?
Blok mesolimbiese DA2 reseptore.
Multipotente kompeterende antagoniste: blok DA, M, α, histamine en serotonien reseptore.

Hoe verskil die werkingsmeganisme van die atipiese middels van die van die tipiese middels?
Die atipiese middels se werkingsmeganisme blokkeer 5-HT2A reseptore / is inverse agoniste op 5-HT2A en 5-HT2C meer as DA2 reseptore.

Waar die tipiese middels die DA2 reseptore blokkeer en ander soos die M -, α -, histamien – en serotonien reseptore blokkeer.

Watter van die reseptore wat blokkeer word deur die ouer middels verminder die risiko vir ekstrapiramidale newe effekte?

Minder EPS weens limbiese lokalisering van DA3 reseptor

Watter van die ouer middels het ‘n hoë insidensie van ekstrapiramidale effekte?  Wat is die rede?

Piperasienderivate: Flufenasien, perfenasien, trifluoperasien, prochloorperasien
Butirofenoonderivate: Haloperidol en droperidol
Difenielbutielpiperidien: Pimosied
Wanneer die middel sterk aan die die DA2 reseptore bind, het dit; ‘n verhoogde affiniteit vir die DA2 reseptore wat lei tot verhoogde newe-effekte van die EPS.

A.g.v. watter reseptorblokkade het die alifatiese groep middels ‘n hoë insidensie van outonome newe effekte?
M reseptore; anticholinerge effekte