TAMMY MAY

Default profile image
----------

Blog#12

17 May 2021, 20:24 Publicly Viewable
  • Stel m.b.v. jou handboeke ‘n klassifikasie op van die middels wat as antidepressante gebruik word.
  1. Trisikliese antidepressante.
  2. Mono-amien oksidase inhibeerders
  3. Selektiewe serotonien heropname remmers
  4. Serotonien en noradrenalien heropname remmers
  5. Selektiewe noradrenalien heropname remmers
  6. Tetrasikliese en unisikliese middels
  7. Sirkadiese ritme reguleerders
  8. Serotonien R moduleerders

  • Met betrekking tot die bestaande middels se werkingsmeganismes, wat het hulle almal in gemeen?

Al die middle verhoog die konsentrasie van NA en serotonien by sentrale sinapse deurdat dit heropname en afbraak rem asook blockade van presinaptiese alfa2 outoreseptor.

  • Hoe lank neem dit vir hierdie middels se antidepressiewe effekte om te verskyn?  Wat is die rede hiervoor?

14-21 dae omdat dit ’n stadige aanvang van werking het.

  • Hoe verskil die TAD’e en die selektiewe serotonienheropname remmers (SSRI’s) van mekaar t.o.v.:

TAD

SSRI’s

Effektiwiteit

Dit is effektief in die behandeling van depressie, bipolere steurnisse, chroniese pyn,en enurese.

Dit is effektief in die behandeling van depressie, OCD, sosiale fobiee en paniek.

Newe-effekte

Sedasie, tremore, insomnia,verwarring,konstipasie, droe mond, urienretensie, ortostatiese hipotensie, konvulsies

SVK steurnisse, hoofpyn,angs, EPS, seksuele disfunksie, ontrekking sindroom.

Veiligheid

Moet nie saam met SSRI gee nie want dit kan lei tot toksisiteit.

Oordosis baie toksies! 10x daaglikse dosis kan fataal wees.

Moet nooit saam met MAOI gee nie

  • Hoe werk mirtasepien: Blokkeer inhibitoriese alfa 2 reseptore wat dan NA en serotonien vrystelling bevorder.

  • Hoe werk venlafaksien: Dit blokkeer beide serotonien sowel as noradrenalien heropname maar meer potent vir serotonien as vir NA.

  • Hoe werk agomelatine: Dit is ’n MT1 en MT2 agonis sowel as serotonien2c antagonis. 5-HT2c veroorsaak disinhibisie van DA en NA vrystelling in frontale korteks wat lei tot verhoging in DA en NA vrystelling.