ANINA KOEKEMOER

Default profile image
----------

Blog #12

23 May 2021, 14:25 Publicly Viewable

Stel m.b.v. jou handboek ‘n klassifikasie op van middels wat as antidepressante gebruik word.

Klassifikasie

Geneesmiddel

Selektiewe serotonien heropname inhibeerders (SSRI’s)

Fluoksetien

Sertralien

Sitalopram

Paroksetien

Fluvoksamien

Esitalopram

Serotonien noradrenalien heropname inhibeerders (SNRI’s)

Venlafaksien

Desvenlafaksien

Duloksetien

Levomilnacipran

Milnacipran

Trisikliese antidepressante (TAD’s)

Sekondêr:

Nortriptilien

Desimipramien

Lofepramien

(Amoksapien en Maprotilien is nie TAD’s nie, maar tetrasikliese middels)

Tersiêr:

Amitriptillien

Imipramien

Trimipramien

Chloorimipramien

Dotiëpien

Butriptilien

5-HT2 reseptor moduleerders

Trasodoon

Nefasodoon

Vortioksetien

Tetrasikliese en unisikliese antidepressante

Bupropioon

Mirtasapien

Amoksapien

Vilazodoon

Maprotilien

Mianserien

Monoamien oksidase inhibeerders (MAOI’s)

Fenielsien

Isokarboksasied

Tranielsipromien

Selegien

Moklobemied

Selektiewe noradrenalien heropname remmers (NARI’s)

Reboksetien

Sirkadiese ritme reguleerders

Agomelatien

Met betrekking tot die bestaande middels se werkingsmeganismes, wat het hulle almal in gemeen?

Hierdie middels beoog om die [NA] en [5-HT] (monoamiene) te verhoog by die snetrale sinapse.

Hoe lank neem dit vir hierdie middels se antidepressiewe effekte om te verskyn? Wat is die rede hiervoor?

14-21 dae (of meer), moontllik omdat neurotrofiese faktore 2 of meer weke neem om gesintetiseer te word en die kliniese effekte van antidepressante moontlik verband hou met die effekte daarvan op die neurotrofiese faktore nl BDNF.

Hoe verskil die TAD’e en die selektiewe serotonienheropname remmers (SSRI’s) van mekaar t.o.v.:

  • Effektiwiteit:
  • Newe-effekte
  • Veiligheid

TAD’s

SSRI’s

Effektiwiteit

Moet op getitreer word tot die minimum effektiewe dosis

Kan dadelik met die volle dosis begin

Newe-effekte

Anticholinergiese effekte (droeë mond, konstipasie, urien retensie, dowwe visie, verwarring)

Ortostatiese hipotensie

Sedasie

Massa toename

Seksuele disfunksie

Disritmieë

SVK steurnisse

Seksuele disfunksie

Hoofpyn

Insomnia en hypersomnia

Massa toename

Verlaagde libido

Veiligheid

TAD oordosis baie gevaarliker as SSRI oordosis

TAD oordosis kan die volgende veroorsaak:

  • Kardiotoksisiteit
  • Bloeddrukveranderinge
  • Anticholinergiese effekte
  • Konvulsies

TAD oordosis baie gevaarliker as SSRI oordosis

Hoe werk mirtasepien?

  • Blokkeer α2 à dit bevorder NA en 5-HT vrystelling
  • Blokkeer 5-HT2A à gee antidepressiewe effejte
  • Blokkeer 5-HT3 à angsiolities en verlaag naarheid
  • Blokkeer H1 en α1
  • Indirekte simulasie van 5-HT1A à gee angsiolitiese effekte

Hoe werk venlafaksien?

Hierdie middel blokkeer beide serotonien en NA heropname, maar is meer potent vir serotonien heropname. Dit verhoog dus die [NA] en [5-HT], omdat dit nie weer opgeneem word nie.

Hoe werk agomenlatien?

  • Primêre agonis op MT1 en MT2 en herstel die slaapritmes
  • Antagonis op 5-HT2C wat die slaap bevorder en antidepressiewe werking het agv die disinhibisie van DA en NA vrystelling en dus is daar verhoogde DA en NA vrystelling in die frontale korteks.