Stel m.b.v. jou handboeke ‘n klassifikasie op van die middels wat as antidepressante gebruik word.
TAD |
MAOI’s |
SSRI’s |
SNRI’s |
NARI’s |
Tetrasiklies en unisikliese AD’s |
5-HT reseptor moduleerders |
Sirkadiese ritme reguleerders |
Tersiere amiene Amitriptillien Imipramien Trimipramien Chloorimipramien Dotiëpien Butriptilien |
Tranielsipromien Moklobemied |
Fluoksetien Paroksetien Fluvoksamien Sertralien Sitalopram Esitalopram |
Venlafaksien Duloxetien |
Reboksetien |
Mianserien Mirtasepien Bupropioon |
Trasodoon Vortioksetien |
Agomelatien |
Sekondere amiene Nortriptilien Desimipramien Amoksapien* Maprotilien* Lofepramien |
Met betrekking tot die bestaande middels se werkingsmeganismes, wat het hulle almal in gemeen?
Almal het ‘n effek op konsentrasies van sertonien m.b.t. heropname remming, afbraak remming, blokkade van reseptors.
Hoe lank neem dit vir hierdie middels se antidepressiewe effekte om te verskyn? Wat is die rede hiervoor?
6-8 weke. Daar moet eers ‘n funksionele verandering plaasvind met die serotonien reseptore en transport meganismes. Dit vat ‘n tyd vir hierdie verandering om plaas te vind om op die ou einde die werking te weeg te bring.
Hoe verskil die TAD’e en die selektiewe serotonienheropname remmers (SSRI’s) van mekaar t.o.v.:
|
TAD |
SSRI’S |
Effektiwiteit |
Begin met minimum effektiewe dosis en titreer op, soos nodig. |
Kan met volle dosis begin. |
Newe-effekte |
Sedasie, tremore, insomnia, visie steurnisse, droë mond, konstipasie, urienretensie, verwarring, ortostatiese hipotensie, disritmie, psigose, konvulsies, massa toename, seksuele steurnisse. |
Insomnia, tremore, SVK-steurnisse, hoofpyn, seksuele disfunksie, akute angs, EPS, onttrekking sindroom |
Veiligheid |
Baie gevaarlik. Oordosis kan fataal wees met simptome soos: agitasie, delirium, neuromuskulêre irriteerbaarheid, respiratoriese onderdrukking, sirkulatoriese kollaps, hiperpireksie, disritmie, koma, konvulsies, kardiotoksisiteit. |
Veiliger a.g.v minder ernstige reaksies (angs) wanneer ‘n persoon oordoseer. |
Hoe werk mirtasepien?
Blokkeer alfa 2 reseptore (bevorder 5-HT en NA vrystelling), Blok histamine1 (sedasie en massatoename) en alfa 1 reseptore. Blok 5-HT2a (antideppresief) en 5-HT3 (angsiolities en anti-emeties) reseptore. Stimuleer indirek 5-HT1a reseptore (angsiolities).
Hoe werk venlafaksien?
Blokkeer 5-HT (groter affiniteit) en NA heropname.
Hoe werk agomelatien?
Agoneer Melatonien 1 en 2 reseptore. Antagoneer 5-HT2c reseptore.