C VAN DER MERWE

Default profile image
CARLI VAN DER MERWE

Blog #7

28 May 2021, 15:01 Publicly Viewable

Watter anti-epileptiese middels beïnvloed die Pil (orale kontrasepsie) se metabolisme en wat is die implikasies hiervan?  Watter middels is veilig om saam met die Pil te gee?

Anti-epileptiese medikasie wat orale kontrasepsie beïnvloed:

  • Fenobarbitoon
  • Karbamasepien
  • Fenotoïen
  • Okskarbasepien
  • Topiramaat

Middels wat veilig is tydens die gebruik van orale kontrasepsie

  • Valporaat
  • Lamotrigine
  • Gabapentin
  • Leviterasetam

Hoe word die kinetika van hierdie middels deur ouderdom beïnvloed (vanaf neonate tot by bejaardes)?

Neonate:

Middels word stadiger gemetaboliseer, en dus word ‘n laer dosis toegedien.

Babas en kinders:

Middels word vinniger geabsorbeer teenoor volwassenes. Die dosis is ook hoër as die van volwassenes.

Volwassene:

Normale dosisse word geneem met normale metabolisme.

Bejaardes:

Middels word stadiger gemetaboliseer, dus word ‘n laer dosis toegedien.

In watter gevalle is plasmabloedvlakmonitering aangedui?

  • Swangerskap
  • By geneesmiddelinteraksies wat moontlik kan plaasvind
  • Newe-effekte monitering
  • Indien die konvulsies nie afneem of verander nie.
  • By bejaardes