Pyn is ’n onaangename, subjektiewe sensoriese en emosionele ervaring wat geassosieer word met werklike of potensiële weefselskade.
Pyn kan akuut of chronies wees.
Akute pyn verwys na pyn wat a.g.v iets veroorsaak word bv. Operasie en inflamasie. Somaties: vel, been, gewrig, spier, bindweefsel en Visceraal: intestinale organe, bv. Dikderm, pankreas.
Chroniese pyn verwys na Funksioneel: fibromialgie, IBS, spannings tipe hoofpyn en Neuropaties: senuweeskade, postherpetiese neuralgie, diabetus en europatie.
Elke persoon ervaar pyn anders, omrede hul verskillende pyn drempel het. Sommige persone se pyn drempel is hoër as ander.
Matige pyn kan behandel word met oor-die-toonbank medikasie soos bv. Parasetamol tablette.
Middelmatige na erenstige pyn kan daar ook OTC voor gegee word bv. Parasetamol, kodeïen bevattende produkte in klein dosis. Sommige pyn kort medikasie wat slegs met ’n voorskrif gegee kan word. Bv. Post operatiewe pyn wat heelwaarkynlik met ’n sterk dosis opioed behandel sal word.
Wanneer die pyn nie meer deur die pasiënt hanteerbaar is met oor-die-toonbank medikasie nie sal die pasiënt verwys moet word na ‘n spesialis.