MARIU-LOUISE ROODT

Default profile image
----------

Blog #13

17 Jun 2021, 12:02 Publicly Viewable

Alkohol word nie deur die liggaam verteer nie en kan jou hele lyf affekteer. Oor lang termyn chroniese gebruik kan alkohol jou liggaam nadelig affekteer en ook chroniese kondisies veroorsaak bv. Lewerskade, kanker, afhanklikheid ens. Alkohol het ook positiewe effekte soos kalmerende effekte, verhoogde selfbeeld, maar die positiewe effekte bly net vir ‘n kort termyn en kan lei na akute newe-effekte soos naarheid, braking, kopseer en selfs bewussynsverlies.

Die hoeveelheid alkohol wat veilig is vir gebruik is 1 drankie per dag en nie meer as 3 keer per week nie. Of vir vroue 1 drankie per dag en vir mans 2 drankies per dag.

Wanneer mens moontlik ‘n probleem ontwikkel: Wanneer die persoon meer drink as wat hy/sy beplan het om te drink. Dat as die persoon al meer as een keer probeer het om ophou te drink, maar voor hul, hulself kan keer het hul alreeds gedrink. As die persoon die heeltyd aan alkohol drink, en aan niks anders kan drink nie omdat die begeerte vir alcohol sy denke oorheers.

Wat jy kan doen:

Indien daar vermoed word dat jy ‘n probleem het is dit belangrik om ‘n gesondheidswerker te gaan sien en moontlike opsies kan oorweeg oor hoe om die probleem te hanteer of te behandel.