Moontlike meganismes betrokke by die verskynsel van toleransie weens kroniese etanol inname:
Verhoging in die ensiem aldehied dehidrogenase betrokke by die afbraak van etanol na asetaldehiede
Verhoging in die gemengde oksidase ensieme
Verhoging in metaboliese tempo volg
Effekte van kroniese misbruik op lewer en hepatiese metabolisme:
Verlaagde lewerfunksie
Hepatitis, sirrose en inflammasie van die lewer
Verhoging in mikrosomale ensieme
Verlaging in glukoneogenese
Albumien verlaging wat lei tot verlaagde B vitamien tekorte en gevolglike verlies aan spierbeheer
Korzakov se sindroom is 'n neurologiese toestand, gekenmerk aan dementia, met gereelde episodes van anterograadse amnesie.
Dit word veroorsaak deur 'n tekort aan vitamien B1, tiamien, wat 'n baie sterk korrelasie het met oormatige drank misbruik.
Dit word tipies behandel met 'n kombinasie van parenterale tiamien toedienieng (as die primere behandelings fokus), gedragsterapie en regimens van neurologiese middels ten einde gedrag aan te pas en lewensgehalte te verbeter.
Fetale alkohol sindroom, FAS, word veroorsaak deur drankmisbruik, veral gedurende die eerste trimester, wat swaar teratogenies is. Dit veroorsaak kongenitale misvorming, wat van so aard is dat die toestand op voorkoms gediagnoseer kan word, verstandelike gestremdheid en groei kan beinvloed.
Farmakokinetiese interaksies van akute alkohol misbruik teenoor kroniese misbruik:
Akute inname sal lei tot afbraak van alkohol deur ALDH en kroniese misbruik, ALDH, maar in 'n hoer mate as by akute misbruik, MEOS.
Geneesmiddel interaksies met alkohol:
Bensodiasepiene lei tot asemhalingsonderdrukking, saam met alkohol is die effek drasties vererger en kan lei tot respiratoriese nood, koma en dood.
Metronidasool, 'n antibiotika, lei tot 'n verlaging in die ensiem wat verantwoordelik is vir die afbraak van asetaldehiede wat lei tot 'n verhoging hierin en omdat dit 'n toksiese afvalproduk is, lei dit tot braking, maliase, hoofpyn, lewerkrampe, gastrointestinale ongemak en koors.
Sekere hipoglusemiese middels het soortgelyke effekte as bg. sowel as sekere middels wat bekend staan as "antibooze" agente, wat gegee word vir alkoholiste om hulle van drank af te sit.