NEIL RADEMAN

Default profile image
----------

Blog 4

10 Mar 2021, 00:40 Publicly Viewable

Baie pasiente verkiese homepatiese middels of kruie behandelings vir angs en insomnia. Daar is merite in party middels, maar omdat die aktiewe bestanddeel dikwels nie alleen geisoleer is nie en in party gevalle nie deur die konvensionele kanale van kliniese proewe is nie, kan dit soms onverwagte gevolge he. Middels soos Ginkgo biloba, chamomile, rooibostee, Kava-Kava, passionflower, CBD, laventel en St. John's Wort word gegee vir angs. Valerian Root, menthol olie (swak kappa opoide agonis), avena terrestris en papawer saad olie word gegee vir insomnia. Magnesium en jodium kan moontlik ook 'n invloed he en daarom is dit moontlik dat seesout of klipsout mineraal mengsels kan help. Dit is belangrik om 'n gesondheidspraktisyn te konsulteer voor die begin of staking van enige medikasie en ook te onthou dat hoewel dit wettig en relatief veilige opsies is, dit nie deur dieselfde keuringsproses gaan as konvensionele medisyne nie.