Middels wat die Pil se metabolisme beïnvloed, :
phenobarbital, phenytoin, carbamazepine, felbamate, oxcarbazepine en topiramaat.
Sommige anti-epileptiese middels (soos bogenoemde middels) induseer sitochroom P450, dus word estrogeen en progesteroon omgeskakel na die onaktiewe metabolite, daarom word die seum konsentrasie van hierdie middels (estrogeen en progesteroon) verlaag, en swangerskap kan voor kom.
Anti-epileptiese middels wat veilig is om te neem saam met orale kontasepsie:
valproaat suur, lamotrigine, levetiracetam.
Neonate se metabolisme is stadige , en dus is hulle opruiming ook stadig, daarom word serum konsentrasie moeilik gehandhaaf en deurbraak epileptiese aanvalle kan ontstaan. Babas en kinders het ‘n baie vinnige metabolisme, (opruiming is vinniger), daarom word serum konentrasie goed gehandhaaf . Adolesente en volwassenes het ‘n goeie metabolisme (en opruiming), maar pasiënt meewerkendheid moet gemonitor word. Swanger vrouens moet ook versigtig gemonitor word omdat sekere anti-epileptiese middels teratogenies is, en kan dus die fetus abnormaliteite of dood veroorsaak. Bejaardes het ‘n baie stadige metabolisme, en dus ook stadige opruiming, daarom is dit moeilik om serum konsentrasie te handhaaf en deurbraak epileptiese aanvalle kan ontstaan.
Wanneer die pasiënt ensieminhibeerders/induseerders gebruik (byvoorbeeld valproaat, phenytoin, lamotrigine, en fenobarbitoon).
Wanneer die pasiënt kontrasepsie saam met valproaat en phenytoin gebruik.
Oxcarbazepine en carbamazepine kan hiponatremie veroorsaak, dus moet bejaardes, wat hierdie middels gebruik, se plasmabloedvlakke gemonitor word.