MARCELLE JACOBS

Default profile image
MARCELLE JACOBS

Blog #11 (31772692)

26 Apr 2021, 11:17 Publicly Viewable
  1. Noem ‘n voorbeeld van elk van die drie fenotiasien-subfamilies en sê hoe hulle van mekaar verskil in terme van potensie en newe effekte?

Alifatiese syketting: chloorpromasien

  • Lae potensie
  • Min ekstrapirimidale steurnisse
  • Sterkte antichlinergiese effekte
  • Bind sterk aan alfa reseptore wat ortostatiese hipotensie as neweeffek kan veroorsaak.
  • Kan kardiotoksies wees
  • Verhoogde sedasie

Piperidien syketting: perisiasien

  • Lae potensie
  • Min ekstrapirimidale steurnisse
  • Sterkte antichlinergiese effekte
  • Bind sterk aan alfa reseptore wat ortostatiese hipotensie as neweeffek kan veroorsaak.
  • Kan kardiotoksies wees.
  • Verhoogde sedasie

Piperasien syketting: flufenasien

  • Hoë potensie
  • Meer ekstrapirimdale effekte
  • Minder anticholinergiese newe effekte
  • Bind minder sterk aan alfa reseptore
  • Minder sedasie
  • Minder kardiotksiese effekte

  1. Watter reseptore word veral deur die tipiese antipsigotiese middels blokkeer?

Dopamien-2 reseptore

  1. Hoe verskil die werkingsmeganisme van die atipiese middels van die van die tipiese middels?

Die atipiese APM’s is multi-potente antagoniste wat ‘n hoër affiniteit vir 5-HT2 reseptore as vir D2 – reseptore het en blokkeer gevolglik dan 5 – HT2 – reseptore bo D2 – reseptore.

Die TPM’s is ook multi-potente kompeterende antagoniste, maar blokkeer mesolimbiese D2 – reseptore.

  1. Watter van die reseptore wat blokkeer word deur die ouer middels verminder die risiko vir ekstrapiramidale newe effekte?

Die alifatiese sykettings (Chloorpromasien) en piperidien sykettings (Perisiasien).

  1. Watter van die ouer middels het ‘n hoë insidensie van ekstrapiramidale effekte?  Wat is die rede?

Piperasienderivate

Die middel is baie potent en daarom kan slegs ‘n klein hoeveelheid konsentrasie ekstrapiramidale effekte tot gevolg hê.

  1. A.g.v. watter reseptorblokkade het die alifatiese groep middels ‘n hoë insidensie van outonome newe effekte?

Indien die nikotiniese reseptor geblokkeer word, sal daar outonome newe – effekte voorkom.