Die tipiese antipsigotiese middels blokkeer hoofsaaklik die mesolimbiese Dopamien 2 reseptore.
Die tipiese middels blokkeer die mesolimbiese DA 2 reseptore waar die atipiese middels ‘n hoёr affiniteit het vir 5-HT reseptore en dus blokkeer dit 5-HT2a reseptore of werk as ‘n inverse agonis op 5-HT2a en 5-HT2c meer as op DA 2 reseptore.
5-HT reseptore wat geblokkeer word het minder risiko vir ekstrapiramidale effekte as wat DA 2 reseptore geblokkeer word.
Haloperidol wat ‘n Butirofenoon-derivaat is het ‘n hoё insidensie vir ekstrapiramidale effekte omdat dit ‘n potente D2 blokker is en ‘n hoёr affiniteit vir D2 reseptore het as vir 5-HT2 reseptore.
‘n Hoё insidensie van outonome newe effekte kom voor by die blokkade van M , α, histamien-1 ( en 5-HT2) reseptore.