MARCELLE JACOBS

Default profile image
MARCELLE JACOBS

Blog #13 (31772692)

3 May 2021, 09:20 Publicly Viewable
  1. Bespreek die moontlike werkingsmeganismes van litium.

Litium beïnvloed cAMP, IP3 en DAG wat as 2de boodskappers optree deur vermindering in ensieme wat noodsaaklik is in die omskakeling en hersirkulering van membraanfosfoinositiede.

  1. Wat is litium se terapeutiese indeks en wat is die kliniese belang daarvan?

Litium se terapeutiese indeks (TI) is baie nou

TI = 0.5 - 1.5 mM

Toksisitetie kan voorkom by > 2mM

Omrede die TI van litium so nou is, kan toksisiteits en oneffektiewe vlakke maklik voorkom en daarom moet litium terapie goed gemonitor word vir enige interaksies wat ‘n effek kan hê op die TI van litium.

  1. Wanneer word litium as enkelmiddel gebruik en in watter gevalle en met watter tipe middels word litium gekombineer?

Litium word as monoterapie gebruik tydens akute gevalle van bipolêre steurnisse en tydens die behandeling (instandhoudings dosisse) van bipolêre steurnisse.

Litium kan in kombinasie met Karbamasepien en Valproaat gebruik word indien litium as monoterapie nie die gewenste effekte te weeg bring nie.

  1. Noem 3 klinies betekenisvolle interaksies wat litium met ander middels kan hê.  Lig jou antwoord toe met gepaste geneesmiddelvoorbeelde.

Diuretikums – Furosemide

NSAIM’s – Diclofenac

ACE inhibeerder – Captopril

  1. Noem die belangrikste newe-effekte van litium.
  • Tremore, sedasie, ataksie, afasie
  • Spierswakheid, moegheid
  • Polidipsie, poliurie, nokturie
  • Nefrogene diabetes insipidus
  • Tiroïedvergroting
  • Leukositoses
  • Edeem
  • Massatoename
  • Aknee, alopesie
  • Seksuele disfunksie

  1. Wat is die status van litiumgebruik tydens swangerskap en laktasie?

Litium terapie word nie tydens swangerskap en laktasie aanbeveel nie, omrede dit die plasentra kan kruis en ook in die borsmelk kan voorkom en is gekontraindikeerd by swanger/lakterende vroue.

  1. Noem 3 ander belangrike indikasies vir litium.

Depressie

Skisofrenie

Behandeling, terugval en voorkoming van maniese depressie (bipolêre depressie).

  1. Evalueer die volgende geval en motiveer jou aanbevelings volledig:

Me B. Polar (21 jaar, 60kg) is ‘n student en het die afgelope 2 maande die volgende medikasie gebruik:

Camcolit 600mg bd. Plasmavlakke wat na twee weke geneem is, was 0.8mmol/L.  Sy het ‘n spierbesering opgedoen en gebruik ook die afgelope 10 dae Indocid R® 75mg n.  By verdere navraag meld sy dat sy “vreeslik gewig opgetel” het en nou sommer van haar ma se “waterpille” drink in die hoop dat sy van die ekstra kilo’s ontslae kan raak.  Sy kla egter dat sy baie moeg is, sukkel om haar oë in die klas oop te hou, dors bly en voortdurend bewerig en naar voel.

Camolit is ‘n litium bevattende middel en Indocid is ‘n NSAIM middel, wat beteken dat daar ‘n geneesmiddel interaksie voorkom tussen die Camolit en die Indocid.

Sy gerbuik ook nog waterpille wat ‘n diuretikum is, en ook ‘n geneesmiddel interaksie kan veroorsaak in kombinasie met litium terapie (Camolit).

Daar is dus 2 middels (waterpille en Indocid) wat geneesmiddel interaksies tot gevolg het en daarom ervaar sy die newe-effekte omrede die interaksies ‘n verhoging in litiumvlakke veroorsaak en sal toksiese effekte tot gevolg hê.

Sy ervaar dus die volgende newe-effekte wat kenmerkend is aan geneesmiddel interaskies met litium terapie:

  • Gewigs toename
  • Moegheid
  • Polidipsie – baie dors
  • Tremore
  • Naarheid – Gastro-intestinale simptome