Klassifikasie van antidepressante:
TAD | MAO | SNRI | 5-HT moduleerder | NARI | Tetra- en unisikliese middels | Sirkadiese ritmereguleerders | SSRI |
Imipramien Amitriptilien Chloorimipramien Trimipramien Dotiepien Butriptilien Nortriptilien Desimipramien |
Tranielsipromien Moklobemied Selegelien Deprenil Rasagallien |
Duloksetien Venlafaksien Levomilnacipran |
Nefazodoon Trazodoon Vortioksetien |
Reboksetien |
Bupropioon Amoxapien Mianserien Mirtasepien |
Agomelatien |
Fluoksetien Paroksetien Fluvoksamien Sertralien Sitalopram Esitalopram |
Wat het die bestaande middels almal in gemeen?
Al die antidepressante werk in die liggaam deur die monoamiene in die SSS te verhoog, hetsy dit DA of NA is.
Hoe lank neem dit vir die middels se effekte om te verskyn, en waarom?
Meeste anitdepressante het 'n stadige aanvang van werking en toon eers antidepressiewe effekte na 14 tot 21 dae. Die rede hiervoor is dat dit 'n sekere tydperk neem vir die reseptore en transporters om aan te pas om optimaal te kan reageer op die geneesmiddels.
TAD's vs. SSRI's
TAD's | SSRI's | |
Effektiwiteit | Effektief by MDD, enurese, chroniese pyn, bipolêre versteuring, akute paniek, fobieë, OCD. | Effektief by MDD, OCD, paniek, sosiale fobieë, bulemie, PMS, alkoholisme. |
Newe-effekte | Anticholinergiese NE, sedasie, gewigstoename, ortostatiese hipotensie, seksuele versteurings, prominente stakingsindroom, psigoses. | Gastro-intestinale newe-effekte, seksuele versteurings en verlaagde libido, hoofpyn, slapeloosheid, massatoename, staking sindroom, verlaag aptyt |
Veiligheid | Kardiotoksies en veroorsaak disritmieë by akute oordosis, kan ook konvulsies veroorsaak. | Veiliger in akute oordosis |
Hoe werk Mirtasepien?
Mirtasepien blokkeer die inhibitoriese α2 reseptore en bevorder sodoende NA vrystelling (outoreseptore) en 5-HT vrystelling (heteroreseptore). Dit stimuleer indirek 5-HT1a reseptore, blokkeer 5-HT3 en 5-HT2a reseptore, sowel as H1 en α1.
Hoe werk Venlafaksien?
Blokkeer beide NA en 5-HT heropname, maar is meer potent vir 5-HT as NA.
Hoe werk Agomelatien?
Agomelatien tree op as agonis op melatonien 1 en 2 reseptore (MT1 en MT2) en as 'n antagonis op 5-HT2c reseptore
Brand, L. 2021. Study Unit 10: Antidepressants [PowerPoint presentation]. Unpublished lecture notes on efundi, FKLG 312. Potchefstroom: NWU.
Katzung, B.G., 2018. Basic & Clinical Pharmacology. 14th ed. United States of America: McGraw-Hill Education.