CILA PAUER

Default profile image
----------

BLOG#13

28 May 2021, 16:17 Publicly Viewable

Pyn is ʼn onaangename subjektiewe sensoriese en emosionele ervaring geassosieer met werklike of potensiële weefselskade. Pyn is iets wat ons ervaar en die intensiteit kan op ʼn skaal van 0 tot tien beskryf word.

Hoe jy op pyn reageer hang van elke individu se sensitiwiteit en pyndrumpel. Party mense word afgelei van take deur pyn, ander mense gebruik take om hulself af te lei van pyn af, ander mense kan net hul gedagtes laat gaan en nie die pyn ervaar nie.

Pyn word deur senuweeselle waargeneem, syne word deur die spinale koord gestuur na die brein korteks. Die korteks besluit wat om met die pyn stimulus te doen. Motoriese paaie word geaktiveer om te reageer deur bv. jou hand van ʼn warm plaat af op te tel. Endorfiene word ook afgeskei om te help met die hantering van pyn.

Pyn kan ook ervaar word sonder fisiese gebeure. Pyn help die liggaam om vroeg genoeg te reageer voor skade berokken word.

Om uit te vind hoe jou brein reageer op pyn is die sleutel om die beste behandeling vir jou pyn te bepaal.

Akute pyn reageer dikwels goed op die opioïede, terwyl chroniese pyn dikwels swakker op hierdie middels reageer en dikwels hoër dosisse benodig.