Van hierdie stimulante word ook dikwels deur leerlinge en studente gebruik/misbruik as kognitiewe prestasie bevorderaars. Doen ‘n soektog op die internet en stel ‘n verslag saam oor die meriete/gevare verbonde aan hierdie praktyk.
Meriete:
Die middels kan mense help rakende konsentrasie vermoë. Stimulante soos kaffiene kan ook studente help om wakker te bly en help ook om te kan konsentreer. Middels soos metielfenidaat word wêrelwyd gebruik vir kinders wat ADHD het, dit kan ook gebruik word vir studente wat sukkel om te konsentreer tydens studies. Metielfenidaat is ook ‘n stimulant wat veroorsaak dat wanneer mense die middel gebruik ook newe-effekte kan veroorsaak.
Gevare:
Al die stimulante wat studente gebruik kan afhanklikheid veroorsaak. Die middels het ook verskeie newe-effekte. Metielfenidaat en kaffiene kan insomnia veroorsaak a.g.v. stimulerende effekte. Slaap is baie belangrik en wanneer studente te min slaap kan hulle ook nie goed konsentreer nie.
Enige medikasie het risiko’s wanneer gebruik word en daarom moet die medikasie altyd met versigtigheid gebruik word.