J VENTER

Default profile image
----------

Blog #3.4

28 Nov 2021, 16:23 Publicly Viewable

Leereenheid 3.4

  1. Rinitis is inflammasie van die neusslymvlies. Rinitis word gewoonlik geassosieer met verkoue. Slymerige-rinitis is gewoonlik geassosieer met sinusitis. Allergiese rhinitis is as gevolg van allergene, IgE gemedieerde inflammasie. Nie- allergiese rhinitis is as gevolg van ander fsiologiese reaksies soos koue lug, hitte of rook.

Rinoree is ‘n loopneus en dit kan wees as gevolg van allergiee, koue lug, of verkoue of chemiese of geneesmiddel skade of fisiese skade.

  1. Alfa 1 agoniste- fenielefedrien, efedrien, nafasolien, oksimetasolien,xilometasolien en fenielpropanolamien.

Anti-histamiene- difenhidramien, chloorfeniramien, broomfeniramien, rapatadien, lorantidien, setirisien, levokabastien

Kortikosteroiede- betametasoon, prednisoon, beklometasoon, mometasoon, budesonide en siklosonied.

Mukolitika- asetielsistein en mesna

Masselstabiliseerders- Ketotifen en natriumchromoglikaat

Antibiotika- neomisien, mupirosien

Diverse- stoom, rehidrasie, soutoplossings vlugtige olies.

  1.  Efedrien, pseudoefedrien en propielheksidrien is nie-selektiewe adrenergiese agoniste (a en b) met addisioneel potente indirekte werking. Die a-adrenergiese reseptorstimulasie (direk- of indirekwerkend) van hierdie middels gee aanleiding tot dekongestie van die neusslymvlies.  Die middels met gemengde werking gee topikaal wel ook aanleiding tot direkte werking, maar indien hulle oraal toegedien word, bereik hulle laer konsentrasies in die biofase sodat hul werking hoofsaaklik indirek is. Fenielefrien is hoofsaaklik direkwerkend.

Verder kan hul verdeel word in kortwerkend, intermediêrwerkend en langwerkend. Die kortwerkende middels(4-6ure) sluit in: efedrien, fenielefrien, propielheksidrien, nafasolien en tetrahidrosolien. Die intermediêrwerkende middels(8-10ure) sluit in: silometasolien en die langwerkende middels(12ure) sluit in: oksimetasolien

 Dekongestante word gewoonlik topikaal toegedien as neussproeie, jellies en druppels, omdat dit minder newe-effekte as die sistemiese/orale-toedienings gee.

  1. Rhinitis medicamentosa- Dit vind plaas as jy dekongestante vir te lang periodes aan een gebruik, gewoonlik meer as 7 dae. Dan vind daar terugslag kongestie plaas en dit veroorsaak permanente vasokonstruksie,’n gebrek aan bloedvloei, swelling en veroorsaak ook dat dit nie meer goed kan behandel word met a1 agoniste nie, Die reseptore raak sub-sensitief. Dit sal dan behandel moet word met kortikosteroied neussproeie soos beklometasoon.

  1. Eerste generasie anti-histamiene is effektief maar dit kan slymindukking veroorsaak, omdat dit op M3 reseptore inwerk, dit kan ook sedasie en ‘n verlaging in konsentrasie veroorsaak, omdat dit oor die bloedbrein skans beweeg en baie lipofiel is. Tweede generasie antihistamiene word gebruik by allergiese rhinitis want dit kan langtermyn gebruik word en het nie die slegte newe effekte soos met histamine 1 generasie gesien nie.  Eerste generasie is multi-potente kompeterende  antagoniste en blokkeer muskarieniese reseptore, dus verminder die anti-muskarieniese middels die sekresie van die hoer en laer lugwee om die rinoree op te klaar. Die 2de generasiemiddels blokkeer nie die muskarieniese reseptore nie, hierdie middels speel geen rol by verkoueriniritis nie, maar wel bradikinien, so dit kan nie teen verkoue gebruik word nie.

  1. Kortikosteroiede moet in topikale toediening soos neussproeie toegedien word, dit is profilakties en kan chronies gebruik word. Die sistemiese opname daarvan word verhoog by infekterende siektes en dit kan gebruik word by allergiese rhinitis en ook inflamatoriese rhinitis en rhinitis medicamentosa. Dit het min tot geen sistemiese newe effekte en kan langtermyn gebruik word.

Anti –histamiene- rapatadien- profilakties vir allergiese rhinitis as ‘n neussproei.

Mesna- om taai mukus los te maak, as neussproei.

Saline of koeksoda in water opgelos 2-4 keer ‘n dag as neussproei help by sinusitis om mukus te Verdun.