Watter tipe ioonkanale word op senuselmembrane gevind?
Potensiaalbemiddeld en Ligandbemiddeld.
Noem 3 verskille tussen potensiaalafhanklike en ligandafhanklike ioonkanale.
Vergelyk ionotropiese en metabotropiese reseptore.
Ionotropiese reseptore is direk op die ioonkanaal gelee en n ligand wat daaraan bind affekteer die ioonkanaal direk.
Metabotropiese reseptore is gelee op n G-proteïen wat in die selmembraan ingebed is. As die ligand op die reseptor van die G-proteïen bind lei dit tot die vorming van tweedeboodskappers wat dan aan die ioonkanaal bind en die effek op die ioonkanaal uitvoer.
Klassifiseer die SSS reseptore in ionotropiese en metabotropiese reseptore en ken die transduksiemeganisme van elke reseptor.
Ionotropies:
GABAA, Nikotinies, **EAA, 5-HT3
Metabotropies:
Metabotropiese reseptore kan of onder die Adenielsiklase- of die Fosfolipase C- Transduksie stelsel val.
Adenielsiklase stelsel – ß1, ß2, D1, D2, alpha2, 5-HT1A, 5-HT1B, M2, GABAB
Fosfolipase C stelsel – alpha1, 5-HT2, M1, H1
Verduidelik die verskil tussen 'n EPSP en 'n IPSP en gee voorbeelde van elk.
n EPSP is n eksitatoriese post sinaptiese potensiaal en dit word verkry wanneer sekere ligande aan sekere reseptore bind. Die effek van die EPSP is aktiverend, wat beteken dat die effek wat die reseptor kan veroorsaak geaktiveer sal word.
n IPSP is n Inhibitoriese post sinaptiese potensiaal en dit word verkry wanneer sekere ligande aan sekere reseptore bind. Die effek van die IPSP is inhiberend wat beteken dat die effek wat die reseptor kan veroorsaak nie geaktiveer sal word nie.
Wat is die rol van kalsium in die ontwikkeling van 'n sinaptiese potensiaal?
Intrasellulêre kalsium vlakke styg wat eksositose van die sinaptiese vesikels veroorsak wat lei tot die vreistelling van die neuro-oordragstof wat dan lei tot n aksie potensiaal.