THEA VISAGIE

Default profile image
----------

Blog #1

22 Feb 2021, 11:39 Publicly Viewable
  • Watter tipe ioonkanale word op senuselmembrane gevind?
    1. Chloried (Cl-)
    2. Natrium (Na+)
    3. Na2+ Ca2+
    4. Na+

  • Noem 3 verskille tussen potensiaalafhanklike en ligandafhanklike ioonkanale.
    1. Potensiaalafhanklike ioonkanale is metabotropies en ligandbemiddelde is ionotropies.
    2. Ligandafhanklike ioonkanale is die binding van die ligand aan die ioonkanaal, waar potensiaalafhanklike verandering in membraanpotensiaal van die sel sel lei tot die werking van die kanale.
    3. By potensiaalafhanklike ioonkanle vorm daar tweede boodskappers en by ligand afhanklike ioonkanale vorm daar nie tweede boodskappers nie.

  • Vergelyk ionotropiese en metabotropiese reseptore.

Ionotropiese reseptore bestaan uit subeenhede en die binding van die neurotransmitter ligand open die kanaal direk, wat ‘n integrale deel is van die reseptor kompleks. Dié kanale is of onsensitief of slegs swak sensitief tot die membraan potensiaal. Die aktivering van die kanale maak die kanaal vir ‘n baie kort periode oop (‘n paar milisekondes of tiendes van ‘n milisekonde)

Metabotropiese reseptore is sewe transmembraan G-proteïen gekoppelde reseptore. Die binding van die neurotransmitter veroorsaak nie direkte opening van die kanaal nie. Binding van die neurotransmitter betrek ‘n G-proteïen, wat ‘n tweede boodskapper vorm wat die intrasellulêre kaskade bemiddel. Aktivering van metabotropiese reseptore lei dikwels tot die modulasie van potensiaalafhanklike kanale. Die interaksies kan selgs plaasvind in die selmembraan. Die aktivering van die reseptore kan ‘n paar sekondes aanhou as gevolg van die G-proteïen wat geaktiveer moet word.

  • Klassifiseer die SSS reseptore in ionotropiese en metabotropiese reseptore en ken die transduksiemeganisme van elke reseptor.

Ionotropies

  • GABA-A
  • Nikotinies (N)
  • Glutamaat reseptore:
      • NMDA
      • Kainate
      • AMPA
  • 5-HT3

Metabotropies

  • β 1+2
  • D 1
  • D 2
  • α 2
  • 5-HT1 A en B
  • M2 en M4
  • mGlu1
  • α1
  • 5-HT 2
  • M1,M3,M5
  • H1
  • mGlu8 (Glutamaat reseptor)

  • Verduidelik die verskil tussen 'n EPSP en 'n IPSP en gee voorbeelde van elk.

Eksitatoriese post sinaptiese potensiaal (EPSP): Wanneer ‘n eksitatoriese weg gestimuleer word, deurdat bv. glutamaat aan die NMDA reseptor bind en hom prikkel vind daar depolarisasie plaas wat ‘n eksitatoriese membraan potensiaal tot gevolg sal hê. Daar is ‘n toename in die ioondeurlaatbaarheid en die SSS word gestimuleer.

Inhiberende post sinaptiese potensiaal (IPSP): Wanneer ‘n inhiberende weg in die SSS gestimuleer word deurdat γ-aminobottersuur (GABA) aan ‘n GABA reseptor bind en die reseptor prikkel, word die post sinaptiese potensiaal gehiperpolariseer weens die selektiewe opening van chloor kanale sodat ‘n inhiberende post sinaptiese potensiaal kan ontwikkel wat uiteindelik dus die SSS gaan “onderdruk”.

  • Wat is die rol van kalsium in die ontwikkeling van 'n sinaptiese potensiaal?

Gedurende die ontwikkeling van ‘n sinaptiese potensiaal word kalsiumkanale geaktiveer. Soos kalsium in die terminal invloei, verhoog die intraterminale kalsium konsentrasie. Die verhoging in dié konsentasie bevorder die samesmelting van sinaptiese vesikels met die presinaptiese membraan. Die neurotransmitter wat in die vesikels vasgevang is word dan vrygelaat in die sinaptiese klef en versprei tot by die reseptore op die postsinaptiese membraan. Die neurotransmitter bind met sy reseptore en open die kanale, wat veroorsaak ‘n kort verandering in die membraan se vermoë om ione deur te laat. Kalsium is dus belangrik van die presinaptiese potensiaal tot die post sinaptiese potensiaal.