LIA WISSING

Default profile image
----------

Blog#5

5 Mar 2021, 21:32 Publicly Viewable

1.Kinetika van etanol in die liggaam en die kliniese betekenis hiervan:

Eliminasie /metabolisme is zero-orde eliminasie. Dit beteken dat die ligaam alcohol teen n konstante tempo sal metaboliseer omrede die NAD-ensiem beperk is en die metabolisme sal nie versnel soos die inname van alcohol verhoog nie. Daarom as die NAD-ensiem versadig is sal die effekte van alcohol duideliker raak.

2. Opsomming van metaboliese wee v etanolmetabolisme

Alkoholdehidrogenase:lae en matige hoeveelhede

Omrede die ko-ensiem(NAD)  beperk is vind zero-orde kinetika plaas wat beteken n konstante afbraak vind plaas tenspyte van n toename in etanol inname.

MEOS-mikrosomale etanol oksidasie: metaboliseer hoer konsentrasies alkohol

die aktiwiteit verhoog soos gebruik van alcohol chronies word.

Asetaldehied is dan die eindproduk hiervan wat deur aldehieddehidrogenase(ensiem) omgeskakel word na asetaat sodat asetaldehied nie ophoop nie(slegte newe effekte).

3.Geneesmiddels wat die metabolisme beinvloed en die effekte daarvan:

Disulfiram, Metronidasool, Hipoglisemiese GM’s en Kefalosporiene

Hierdie geneesmiddels rem dan Aldehied dehydrogenase wat asetaldehied omskakel na asetaat, dus sal asetaldehied opeenhooping plaasvind en lei tot simptome soos naarheid, hoofpyn, hartkloppings, blosing en duiseligheid.