ALNÉ FAE VAN DER LINDE

Default profile image
ALNÉ VAN DER LINDE

Ek is 'n 21 jarige Valentyn's baba wat hou van oorsee toer, kos maak, sing, klavier speel, dans, sport, mode (klere), ou movies, letterkunde en ek het 'n groot passie vir my beroep. My grootste droom is om my eie apteek of farmaseutiese maatskappy oop te maak in Los Angeles of Hampstead (Londen). Ek is ook mal oor diere, buite lug, rond ry, uiteet en nuwe dinge te probeer. Ek is 'n groot ekstrovert en kan baie maklik met mense praat en nuwe vriende maak. Ek het baie goeie algemene kennis en hou daarvan om van alles te weet.

Blog #3

30 Mar 2021, 21:16 Publicly Viewable

Watter faktore kan die absorpsie en verspreiding van sedatief-hipnotiese middels beinvloed? Wat is die kliniese belang hiervan?

Die tempo van absorpsie en verspreiding word bepaal deur die bensodiasepien se veroplosbaarheid (lipofiliteit). Triasolam, Zolpidem en Zaleplon is hoogs lipofilies en het dus ‘n vinnige aanvang van werking. Minder lipofiliese middels, wat langer gaan vat om te werk, is: Oksasepam, Lorasepam, Temasepam, Bromasepam.

Hoe word die BD’e gemetaboliseer? Gee die verskillende stappe in die proses.

Bensodiasepiene word stapsgewys gebiotransformeer deur lewermikrosomale ensieme onder normale omstandighede:

  1. Dealkilering (Aktiewe metaboliete)
  2. Oksidasie (Sit P450: aktiewe metabolite)
  3. Konjugasie (Fase 2) van geoksideerde metaboliet met glukuronsuur om onaktiewe metaboliet te vorm.  

Volgende middels word nie gedealkileer of geoksideer nie, maar dadelik gekonjugeer: Oksasepam, Lorasepam, Temasepam en Lormetasepam.

Watter BD’e word na aktiewe metaboliete omgeskakel? Wat is die belang hiervan?

  • Diasepamm, Chloorasepaat, Prasepam, Chloordiasepoksied, Ketasolam. Voordeel: Verlengde duur van werking. Kumulatiewe effekte met veelvuldige dosisse.

Watter BD’e is nie afhanklik van die sitochroom P450 oksidatiewe ensieme vir metabolisme nie? Wat is die voordele hiervan?

Volgende middels word nie gedealkileer of geoksideer nie, maar dadelik gekonjugeer: Oksasepam, Lorasepam, Temasepam en Lormetasepam. Voordele: Keusemiddels waar sitochroom P450 aktiwiteit verlaag is, bv. Bejaardes, neonate, lewersirrose en terapie met P450 ensiemremmers.

Wat is ensieminduksie? Watter van die sedatief-hipnotiese middels is bekend hiervoor? Wat is die kliniese belang van hierdie ensieminduseerders?

Ensieminduksie  is wanneer 'n geneesmiddel die produksie van 'n sekere ensiem verhoog, wat dan die metabolisme van die geneesmiddel verhoog. Ouer barbiturate en meprobamaat is bekend vir hul ensieminduksie. Kliniese belang van ensieminduseerders: Metabolisme van geneesmidel verhoog, geneesmiddel dan korter werkingsduur end us sal die geneesmiddel ‘n verlaagde effek hê.