Ek is 'n 21 jarige Valentyn's baba wat hou van oorsee toer, kos maak, sing, klavier speel, dans, sport, mode (klere), ou movies, letterkunde en ek het 'n groot passie vir my beroep. My grootste droom is om my eie apteek of farmaseutiese maatskappy oop te maak in Los Angeles of Hampstead (Londen). Ek is ook mal oor diere, buite lug, rond ry, uiteet en nuwe dinge te probeer. Ek is 'n groot ekstrovert en kan baie maklik met mense praat en nuwe vriende maak. Ek het baie goeie algemene kennis en hou daarvan om van alles te weet.
Plantaardige en/of natuurlike preparate wat op die apteek winkelrakke staan waarvoor aansprake gemaak word dat dit anksiolitiese en/of sedatief-hipnotiese effekte het
Chamomile (Matricaria recutita): Dis 'n middelmatige "tranquilizer"en slaap induseerder, sy sedatiewe effekte mag wees a.g.v. die flavonoied, apigenien wat bind aan die bensodiasepiene (GABA) reseptore in die brein. Die ekstrak van Chamomile wys 'n besodiasepien-tipe hipnotiese aktiwiteit soos bewys in 'n studie met slaap-versteurende rotte.
Laventel (Lavandula angustifolia) word gebruik vir insomnia, 'fatigue", depressie en angs. In 2010 is 'n dubbelblindheidstoets gedoen wat bewys het dat Laventel angs so effektief soos Lorasepam verminder.
Passionflower: Oorspronklik gebruik vir rusteloosheid en histerie, maar setlaars in Amerika het sy gebruik versprei as 'n sedatief. Navorsers beweer dat dit Gamma aminobottersuur in die brein verhoog, wat aktiwiteit in 'n paar breinselle verminder en maak dat jy meer kalm voel. 'n Studie in die Journal of Clinical Pharmacy and Therapeutics, het bewys dat passionflower net so effektief werk soos Oksasepam.
Valeriaan (Valeriana officinalis): al gebruik vanaf die 2de eeu vir angs en insomnie. Wetenskaplikes glo dat valeriaan die hoeveelheid Gamma-aminobottersuur in die brein verhoog, wat gelyk is aan die werking van Alprasolam en Diasepam.