Blog #8: Leereenheid 5.3
Inhalasie anestetika en hul werkingsmeganismes en effekte
Stel vir jouself ‘n tabel op waarin jy die belangrikste effekte op elke stelsel (KVS, SSS, respirasie, niere, lewer en uterus) lys, maar ook die uitsonderings aandui. Die tabel is belangrik as jy by die keuse van middels kom.
HALOTAAN
SSS • Vinnige gladde induksie, stadium II afwesig
• Verhoog serebrale bloedvloei en intrakraniale druk
Outonoom • Bradikardie
KVS • Verlaagde bloeddruk
• Sentitiseer miokardium vir aritmogene effekte van katesjolamiene
Asemhaling • Geen speeksel, brongiale afskeidings of hoes nie
Skeletspiere • Skeletspierverslappende effekte stadium III
• Verhoog werking van nie-depolariserende effekte
• Verminder werking van depolariserende effekte
• Post-operatiewe bewerasie - Hipoksie
Uterus • Verminderde spiersametrekkings
• Eksterne draai van baba
Lewer • Hepatotoksies (skaars, onvoorspelbaar)
ENFLURAAN
SSS • Vinnige, gladde induksie (kan konvulsies presenteer omdat middel drempelwaarde vir konvulsies verhoog)
KVS • Geen sensitisering van die miokardium nie
• Minder bloeddruk verlaging as Halotaan
Respiratories • Meer afname as halotaan
ISOFLURAAN
SSS • Vinniger induksie en herstel as halotaan
KVS • Minder onderdrukking as halotaan en enfluraan
• Geen sensitisering van miokardium nie
Respiratories • Potente onderdrukkende effek
• Versterk as gevolg van 'n kragtige skeletspierverslappende effek
DESFLURAAN
SSS • Selfs vinniger induksie en herstel as isofluraan
• Verhoogde serebrale bloedvloei en intrakraniale druk
KVS • Minder bloeddruk verlaging as halotaan en enfluraan
Respiratories • Sterk reuk
• Irriteer lugweë
• As dit gebruik word as induksiemiddel, lei dit tot hoes
• Kort van asem
• Laringospasme (vermy as induksiemiddel)
SEVOFLURAAN
Skeletspier • Effekte soortgelyk aan desfluraan. Potensieer die effekte van die nie-depolariserende spierverslappers soos die ander gehalogeneerde eters
STIKSTOF OKSIED (laggas)
SSS • Swak anestetikum
• Potente analgetikum
• Amnesie
KVS • Geen effek nie
Respiratories • Suiwer stikstofoksied veroorsaak hipoksie
• Gebruik altyd suurstof of lug.
• Herstelfase: vinnige verspreiding van bloed na alveoli
Skeletspier • Geen skeletspierverslapping nie
Noem die belangrikste toksiese effekte van die inhalasiemiddels.
Nefrotoksisiteit
Hematotoksisiteit – Die geneesmiddels kan CO vervaardig, wat dus die suurstof in die weefsel verminder.
Hepatotoksisiteit – Kan gebeur as gevolg van Halotaan.
Tetratogenisiteit – Kan gebeur as gevolg van Halotaan, Enfluraan, Isofluraan, Desfluraan en Sevofluraan
Halotaan: hepatotoksies, intrakraniale druk verhoging
Enfluraan: Kan konvulsies veroorsaak. Oorwegend onderdrukking op alle sisteme
Isofluraan: Potente onderdukkende respiratoriese effek
Desfluraan: Irriterende effek op lugweg, verhoogde intrakraniale druk
Sevofluraan: Chemies onstabiel
N2O: hipoksie indien suiwer N2O ingeasem word.