LETITIA PRINSLOO

Default profile image
N/A SWANEPOEL

BLOG #13

1 May 2021, 11:49 Publicly Viewable

BLOG #13

  1. Bespreek die moontlike werkingsmeganismes van litium.
  • Litium beïnvloed cAMP, IP3 en DAG tweede boodskapper sisteme. DAG 2de boodskapper sisteme word beinvloed deur die verlaging van verskeie ensieme wat noodsaaklik is vir die omskakeling en ook hersirkulering van membraanfosfoinositiede. DAG en IP3 is ook belangrik vir monoamiene en cholienergiese neurotransmissie.
  1. Wat is litium se terapeutiese indeks en wat is die kliniese belang daarvan?
  • Litium se terapeutiese indeks is 0.5 – 1.5 mM. n Waarde meer as 2 mM kan moontlik toksies wees. Litium beskik oor ‘n klein/ noue terapeutiese indeks en gebruik hiervan kan spoedig toksiese plasma konsentrasies veroorsaak. Daarom is dit noodsaaklik om bloed plasma vlakke gereeld te monitor en te neem.
  1. Wanneer word litium as enkelmiddel gebruik en in watter gevalle en met watter tipe middels word litium gekombineer?
  • Ekelmiddel: Litium word as monoterapie gebruik vir die voorkoming van maniese en hipomaniese episodes asook vir die behandeling van akute maniese episodes.
  • Kombinasie: Valproaat en litium word in kombinasie gebruik vir akute maniese fase, as die pasient nie reageer op litium as enkelmiddel nie. Litium word ook in kombinasie met antidepressante gebruik vir die behandeling van weerstandbiedende of herhalende eenpolige depressie en aggressiewe of selfverminkende gedrag

  1. Noem 3 klinies betekenisvolle interaksies wat litium met ander middels kan hê.  Lig jou antwoord toe met gepaste geneesmiddelvoorbeelde.
  • Die renale suiwering kan verminder word (toksisiteit word verhoog) deur tiasieddiuretika, nuwe NSAID's, ACE-remmers en fluoksetien.
  • Renale klaring/ suiwering van litium word verhoog deur teofillien en kafeïen.
  • Litium is neurotoksies in kombinasie met karbamasepien, kalsium remmers, losartan, metieldopa, metronidasool en fenitoïne.

  1. Noem die belangrikste newe-effekte van litium.
  • Tremore
  • Sedasie
  • Ataksie
  • Afasie
  • Poliurie
  • Nokturie
  • Nefrogene diabetes insipidus
  • Spierswakheid
  • Moegheid
  • Polidipsie
  • Tiroïed vergroting
  • Leukositoses
  • Edeem
  • Aknee
  • Alopesie
  • Seksuele disfunksie
  • Massatoename

  1. Wat is die status van litiumgebruik tydens swangerskap en laktasie?
  • Litium word geassosieer met 'n verhoogde voorkoms van aangebore kardiovaskulêre afwykings, maar die voorkoms is baie laag. Gebruik van litium tydens swangerskap kan lei tot litium toksisiteit in die ongebore baba en ook abnormaliteite soos n onderontwikkelde hart. Soos genoem is die voorkoms laag en as die risikovoordeel oorweeg word, kan die gebruik van litium tydens swangerskap voortgesit word.
  • Litium word wel in hoë konsentrasies in borsmelk uitgeskei en dus word borsvoeding nie aanbeveel nie.

  1. Noem 3 ander belangrike indikasies vir litium.
  • Skisofrenie
  • Gemoedstabiliseerder
  • Anti-depressant

  1. Evalueer die volgende geval en motiveer jou aanbevelings volledig:
  • Die NSAID veroorsaak verminderde opruiming van die litium en daarom veroorsaak dit 'n toename in die gewig van die pasiënt en ander newe-effekte van litium begin ontstaan.
  • Diuretikums verhoog die uitskeiding van water en kan die rede wees vir haar moegheid, naarheid, bewerigheid en droeë mond simptome. Pasient ervaar n mate van dehidrasie.
  • Ek sou eerder aanbeveel dat die pasiënt Tylenol (paracetamol) gebruik vir die pyn van haar spierbesering. Dit het ook geen interaksie met die litium nie.