AMORÉ DU PREEZ

Default profile image
----------

L. du Preez (27143236)

28 May 2021, 07:10 Publicly Viewable

Blog #13 Le 9.5

 

  • Bespreek die moontlike werkingsmeganismes van litium?

Litium ioon beinvloed cAMP, IP3 en DAG tweede boodskapper sisteme, Ig deur vermindering van verskeie ensieme wat belangrik is in die omskakeling en hersirkulasie van die membraanfosfoinositiede, IP3 en DAG is belangrik in monoamiene en cholinergiese neurotransmissie.

  • Wat is litium se terapeutiese indeks en wat is die kliniese belang daarvan?

Litium het 'n klein terapeutiese indeks van 0.5-1.5mM. Indien die terapeutiese indeks meer as 2mM is sal dit toksies wees. Dis belangrik om dit korrek te monitor en beheer anders sal die toksisiteit vinnig bereik word.

  • Wanneer word litium as enkelmiddel gebruik en in watter gevalle en met watter tipe middels word litium gekombineer?

Tydens anti-maniese en anti-depressiewe effekte tydens die akute fase of instandhoudings fase. Wanneer die pasiënt nie reageer op Litium nie, word Litium in kombinasie met Valporaat gebruik tydens akute maniese fases.

  • Noem 3 klinies betekenisvolle interaksies wat litium met ander middels kan hê.  Lig jou antwoord toe met gepaste geneesmiddelvoorbeelde.
  1. Dehidrasie, diuretika (tiasied diuretikums), NSAIM's en ACE I's en fluoksetien verhoog die litium vlakke wat kan lei tot toksiteit.
  2. Teensuurmiddels (bv. Na-Bikarbonaat), teofillien en kaffeien verhoog renale uitskeiding van litium-ioon en veroorsaak dus verlaagde effektiwiteit van Litium-ioon.
  3. Tradisionele antipsigotiese middels vererger EPS in kombinasie met Litium-ioon.
  • Noem die belangrikste newe-effekte van litium.
  1. tremore, sedasie, ataksie en afasie
  2. spierswakheid en moegheid
  3. polidipsie, poliurie en nokturie
  4. nefrogene diabetes insipidus
  5. tiroiedvergroting
  6. leukositose
  7. edeem
  8. toename in massa
  9. aknee, alopesie
  10. seksuele disfunksie
  • Wat is die status van litiumgebruik tydens swangerskap en laktasie?

Dit word in hoë konsentrasies uit geskei in borsmelk, dus word laktasie nie aanbeveel nie, omdat dit toksies kan wees vir die baba.

  • Noem 3 ander belangrike indikasies vir litium.
  1. Anti-depressante
  2. Skisofrensie
  3. Gemoedstabiliseerders
  • Evalueer die volgende geval en motiveer jou aanbevelings volledig:

Aanbeveling:

Die waterpil kan veroorsaak dat Litium nie goed opgeruim word nie, en veroorsaak dehidrasie as gevolg van verhoogde urien uitskeiding. Indocid  wat 'n NSAIM,en die diuretika (waterpil) en Camcolit bevat litium. Die NSAIM en diuretika verhoog die vlakke van litium wat tot toksisiteit lei en newe effekte veroorsaak.

Teveel litium veroorsaak moegheid, naarheid en tremore. Die gewigstoename kan wees as gevolg van die verhoogde hoeveelheid litium.