NICOLE BADENHORST

Default profile image
----------

Blog #14 (13.2)

13 Jun 2021, 19:54 Publicly Viewable

Nicole Badenhorst

25124528

Van hierdie stimulante word ook dikwels deur leerlinge en studente gebruik/misbruik as kognitiewe prestasie bevorderaars.  Doen ‘n soektog op die internet en stel ‘n verslag saam oor die meriete/gevare verbonde aan hierdie praktyk.

Hierdie stimulante, naamlik Metielfenidaat (soos bv. Ritalin of Conserta, skedule 6) word gebruik in die sleutel kortikale en subkortikale areas wat betrokke is by aandag en uitvoerende funksies. Hierdie stimulante aktiveer die sentrale senuwee stelsel, en veroorsaak dan verhoogde waaksaamheid en brein funksies.

Hierdie tipe medikasie word voorgeskryf vir persone wat sukkel om hul aandag te vestig, mense wie maklik aandag afleibaar is, dus met ADHD gediagnoseer word.

Hierdie middels word deesdae sonder voorskrif onder mekaar uit geruil, veral in universiteite onder die studente. Dit word gebruik om die studente se aandag beter te fokus op hul leerwerk en hul die vermoë te gee om langer ure te kan werk, om beter akademiese resultate te verkry. 

Sommige mense neem hierdie medikasie om gewig te verloor, as gevolg van dat die medikasie ‘n persoon se eetlus sal onderdruk. Hierdie middels word ook soms misbruik deur atlete, omrede die middels vir hul meer energie bied en sal bydra tot verbeterde fokus tydens lang oefen sessies. 

Sommige newe effekte wat hierdie stimulante kan veroorsaak is as volg:

  • Hoofpyn
  • Duiseligheid
  • Sedasie
  • Tagikardie
  • Palpitasies
  • Aritmieë
  • Bloeddruk / polstempoveranderinge
  • SVK
  • Droeëmond
  • Veluitslag
  • Koors
  • Gewrigspyne

Voorsorg maatreëls wat dus in ag geneem moet word:

  • ’n Deeglike diagnose by kinders met verslae van ouers en onderwysers.
  • Monitor groei in kinders (gewig en lengte)
  • Monitor bloeddruk
  • Dit is ’n sentrale senuwee stelsel stimulant, en moet dus nie laat in dag geneem word nie.
  • Gee na etes as gevolg van die absorpsie wat vinniger sal plaasvind, kan wel eetlus onderdruk.
  • Geneesmiddel vakansies, bedoelende indien moontlik oor naweke / skoolvakansies breuke neem met die middel.
  • Noodsaak van kontinue terapie op gereelde basis, maar op nie-kritieke tye in skooljaar.
  • Volwassenes op chroniese terapie gereeld geëvalueer word vir tekens van afhanklikheid en misbruik van hierdie middel.
  • Individualiseer dosering (langwerkend / stadig-vrystellende preparate).

Die misbruikpotensiaal van hierdie middel is dus groot, as gevolg van dat dit deur mense gebruik word vir die verkeerde redes naamlik konsentrasie te behou, eetlus onderdruk asook meer energie sal . Daarom is dit beter om eerder ‘n goeie beplanning voor te berei, sodat jy as student die werk kan voltooi betyds. Dit word nie as prakties eties beskou wanneer die geneesmiddels gebruik word as daar geen diagnose van ADHD betrokke is nie. Die effekte van die geneesmiddels kan oor ‘n langtydperk ‘n negatiewe effek op die persoon se kognitiewe denke asook prestasie hê.

Bronnelys

Bateman, H., Hillmore R., Jackson D., Lusznat S., McAdam K., & Regan C.  2004.  Dictionary of Medical Terms.  4th ed.  London.: A & C Black.  p. 481.

Brand,   L.  2021.  FKLG 312: Leergedeelte 13.2 (PowerPoint Presentation).  https://efundi.nwu.ac.za/access/lessonbuilder/item/6419153/group/dd46f2da-d3be-402e-9ba7-2c5955cedd9d/Afrikaanse%20skyfies/Afrikaanse%20skyfies%202021/LE%2013.pdf  Datum van toegang: 13 Junie 2021.

Katzung,  B.G.  ed.  2015.  Basic & Clinical Pharmacology,  13th ed.  New York: McGraw-Hill.  p. 1203.