Antwoord die volgende vir jou blog-opsomming:
Hier volg twee opdragte waaruit jy een kan kies om oor toeligting te gee in ’n 15 minute voordrag aan ‘n sekere teikengroep:
Alkohol. Wat doen dit regtig aan jou liggaam?
Onderwysers. Leerlinge.
Al ooit gehoor van die sê-goed:
“Ons kan nie kuier sonder alkohol nie”, of “Ek het alkohol nodig om met mense te kan praat”, of “Ek wil drink om van alles te vergeet”, of “Ek moet drink sodat almal kan dink ek’s cool”?
Onderwysers. Leerlinge.
Hierdie is ‘n paar voorbeelde van die persepsie en wanpersepsie van wat alkohol aan, en vir, mens doen.
Elke mens het die reg om te besluit en ‘n opinie oor die gebruik van alkohol te neem.
Alkohol stimuleer die vrystelling van endorfiene. Endorfiene veroorsaak gevoelens van plesier, ‘n aangename gevoel.
Wat doen alkohol regtig aan jou liggaam?
Eerstens, die immuunstelsel. Alkohol maak hierdie stelsel stadig en minder effektief. Mense wat alkohol gereeld inneem, het ‘n hoër kans om meer gereeld siek te word, sowel as ‘n hoër risiko om kanker te ontwikkel.
Alkohol werk in op die skeletale sisteem. Dit inhibeer die produksie van been en verswak spiere.
In mans, kan erektiele disfunksie voorkom. Alkohol affekteer die menstruele siklus in vrouens, inhibeer hormoonproduksie en kan lei tot onvrugbaarheid. Dit verhoog ook die kans vir borskanker.
Die kardiovaskulêre stelsel. Deur net een keer alkohol te drink, word die hart onder stres geplaas. Hierdie stres kan lei tot ‘n onreëlmatige hartklop, ‘n verhoogde bloeddruk, beroerte en ‘n hartaanval. Dit vind veral meer plaas onder die vroulike geslag.
Alkohol maak dit moeilik vir die spysverteringstelsel om nutriënte te absorbeer en bakterieë te hanteer. Dit kan lei tot wanvoeding, interne bloeding, maagsere, gastritis en sooibrand.
Die sentrale senuweestelsel. Alkohol beïnvloed gedrag, veroorsaak versteurde spraak, geheue en disoriëntasie. Alkohol kan lei tot tydelike paralise, swakheid en onttrekkingsimptome, wat saam verslawing gaan. Langtermyn gebruik van alkohol, kan die frontale lob verklein.
Alkohol kan veroorsaak dat die pankreas se vermoë om insulien te produseer, verswak. Toksiese stowwe word wel geproduseer. Die lewer, wat verantwoordelik is om gevaarlike substanse uit te skei, word beskadig. Dit kan lei tot onder andere hepatitis, sowel as nier-, blaas- en prostaatinflammasie.
Alkohol kan lei dat jy in gevaarlike situasies beland en besluite neem wat jy nie normaalweg sou nie. Spyt en nagevolge kan dan voorkom.
Die oormatige inname van alkohol, kan gesien word as vyf of meer drankies, by dieselfde geleentheid op een dag in die laaste 30 dae.
Hoeveel drankies is dan wel veilig?
Een per dag vir vrouens en twee per dag vir seuns.
Hoe weet jy jy het ‘n probleem met alkohol?
Jy het ‘n alkoholprobleem as jy heeltyd wonder en bekommerd is oor wanneer jy weer kan drink. Jy het ‘n probleem as alkohol die eerste ding is waaraan jy dink wanneer jy wakker word. Jy het ‘n probleem as jy drink wanneer jy alleen is en wanneer jy dit probeer wegsteek van ander. Jy het ‘n probleme as jou verhoudinge met vriende en familie verswak. Jy het ‘n probleem as jy ander probeer oortuig om nie huis toe te gaan nie en as jy wil hê ander moet aanhou drink. Jy het ‘n probleem as jy sweet, naar is en nie kan slaap as jy nie alkohol in jou sisteem het nie. Jy het ‘n probleem as jy meer moet drink om dieselfde effek van dronkwees te kry.
Wat kan jy doen indien dit wat ek nounet genoem het, bekend klink?
Vra jouself hierdie vrae: Hoekom drink jy? Hou jy meer daarvan om alleen te drink? Affekteer dit jou skoolwerk en jou verhoudinge met ander? Het jy al probeer om minder te drink, of om op te hou? Drink jy voor jy skool toe kom? Kan jy alles onthou? Vertel jy leuens oor jou alkoholinname, of probeer jy dit wegsteek? Wat dink jou vriende en ouers hiervan?
Die volgende stap, is om iemand te kry om mee te gesels. Reik uit na jou ouers, jou vriende, kollegas of die sielkundige by die skool. Daar is opsies om op die internet ook hulp te kry, of om ‘n plek te besoek wat jou sal kan help.
Dit is ook belangrik om in gedagte te hou, dat alkohol onder die ouderdom van 18, onwettig is in Suid-Afrika.
Weeg die voordele op teenoor die nadele.
Dit is wat alkohol werklik aan jou liggaam doen.