LIANDI FERREIRA

Default profile image
LIANDI FERREIRA

Blog #14

20 Jun 2021, 15:15 Publicly Viewable

Antwoord die volgende vir jou blog-opsomming:

Van hierdie stimulante word ook dikwels deur leerlinge en studente gebruik/misbruik as kognitiewe prestasie bevorderaars.  Doen ‘n soektog op die internet en stel ‘n verslag saam oor die meriete/gevare verbonde aan hierdie praktyk.

Stimulante wat as kognitiewe prestasie bevorderaars gebruik/misbruik word, se kliniese indikasie is meestal eintlik behandeling vir (onder andere) ADHD (aandag-afleibaarheidshiperaktiwiteitsindroom). Dit is ‘n gedragssindroom waar leerprobleme en ‘n kort aandagspan probleme veroorsaak. Dit is ‘n chroniese, neuropsigiatriese versteuring wat kan voorkom in kinders en volwassenes. Die simptome sluit in: probleme met aandag en die beheer van gedrag, asook hiperaktiwiteit. Dit lei tot uitdagings vir individue om te presteer, goeie verhoudings met ander te bou en te onderhou en die nodige take te voltooi.

Die stimulante wat gebruik en misbruik word, sluit hoofsaaklik Metielfenidaat (Ritalin en Concerta) en Amfetamien (Adderall, Dexedrine en Vyvanse) in.

Hierdie stimulante se effekte sluit in: verhoogde energie en fokus, verlaagde behoefte vir slaap, verbeterde kognitiewe beheer en geheue en om werk wat onlangs geleer is, makliker te onthou. Dit verlaag ook die individu se eetlus.

Die chroniese newe-effekte wat met die misbruik gepaardgaan, is onbekend, wat lei tot gevare. Verder veroorsaak die gebruik en misbruik ook hoofpyne, angs, tremore en tagikardie. Deur die gereelde gebruik van stimulante, kan individue aggressie, paranoia, hartprobleme en probleme met hulle geestesgesondheid ervaar.

Leerlinge en studente voel goed vir ‘n tydperk, maar hulle kan “crash” na ‘n tydperk.

Leerlinge en studente gebruik en misbruik stimulante as kognitiewe prestasie bevorderaars. Hierdie stimulante word verkry sonder ‘n voorskrif en gekoop (soms gesteel), vanaf ander leerlinge en studente, of enige moontlike bron wat dit vir hulle sal verskaf. Leerlinge en studente kan in die moeilikheid kom vir die verkeerde verkryging hiervan (gearresteer of beboet). Die rede hiervoor is dat leerlinge en studente desperaat, lui of moeg is. Die risiko hieraan verbonde, is dat party leerlinge en studente dit nie nodig het nie. Verder verskil die nodige dosering van individu tot individu. Party leerlinge en studente kan meer nodig hê, ander minder. Dit word nie in die korrekte intervalle gebruik nie, byvoorbeeld nie gereeld (elke dag) nie. Leerlinge en studente neem ook soms meer as een dosis per dag, wat gevaarlike gevolge soos toksisiteit en oordosering tot gevolg kan hê. Onttrekkingsimptome kan ook voorkom, omdat leerlinge en studente dit net gebruik vir kort periodes (soos eksamentyd) en die gebruik daarvan skielik staak. Dit sluit onder andere in depressie, selfmoorddenke, slaapprobleme en moegheid. Ander sny of breek die stimulante, om dit met ander mense te deel, omdat hulle te min het of vir ‘n euforiese gevoel.

Dit kan gesien word as akademiese oneerlikheid. Hierdie stimulante lei nie tegnies na beter leer- en denkvermoë nie. Hierdie stimulante kan ook lei tot verslawing. Leerlinge en studente kan afhanklik raak aan hierdie middels om te kan leer, presteer en funksioneer.