NADIA COETZEE

Default profile image
----------

Blog #3.2

28 Nov 2021, 22:18 Publicly Viewable
  • Gee jou eie definisie van COLS.

KOLS is 'n kombinasie van 3 verskillende pulmonêre toestande naamlik, kroniese brongitis, asma en emfiseem.

  • Beskryf kortliks die voorgestelde etiologie en patofisiologie van chroniese brongitis en emfiseem.

Kroniese brongitis is ’n nonspesifieke obstruktiewe toestand wat gekenmek is deur verhoogde mukussekresie en velaagde mukosilliêre opruiming. Daar sal ook gereelde bakteriële infeksies voorkom. DIt kan herken word deur die verandering in brongiale wande en die persoon sal aanhoudend hoes oor die taai slym in die longe.

Emfiseem word veroorsaak deur rook en irritante. Dit is wanneer die brongioli en aveoli struktureel beskading is en is dus ONomkeerbaar. Die lug word vasgevang en gaswisseling kan nie plaasvind nie, dus sukkel die persoon om die lus weer uit te asem.

  • Watter tipes terapie word ingesluit om ’n COLS-pasiënt te behandel?

Indien die persoon rook, moet hy/sy onmiddelik ophou. Indien daar bakteriële infeksies voorkom sal die persoon antibiotika moet neem. Soms word kortikosteroiede ook bygevoeg saam met ‘n anticholinergiese middel, wat kan help met inflammasie in die longe. Indien die pasiënt slym op die bors het kan ’n verdunning ook geneem word soos ’n ekspektorant wat die slym kan verdun en maklik uit die longe verwyder kan word.

  • Waarom is ipratropium meer effektief by die behandeling van chroniese brongitits as by die behandeling van brongiale asma?

Brongiole asma is gekenmerk deur inflammasie, en Ipratropium is n anticholinergiese mideel wat nie anti-inflammatiese effekte het nie.

  • In watter opsig hou die skeletspier-effekte van teofillien voordele in by die behandeling van COLS?

Dit help met kontraksie vand ie diafragma en versterk dit. Wat dus kan help met ventilasie en kan hipoksie verminder word.

  • Wat is die rol van suurstofterapie by COLS?

Indien die middels soos die 2 agoniste of die anticholinergiese middels nie 100% effektief werk nie, moet die pasiënt suurstofterapie kry.