Stel vir jouself ‘n tabel op waarin jy die belangrikste effekte op elke stelsel (KVS, SSS, respirasie, niere, lewer en uterus) lys, maar ook die uitsonderings aandui.
Halotaan |
SSS: Vinnige gladde induksie, verhoog serebrale bloedvloei en verhoog die intrakraniale druk. KVS: Bloeddruk verlaag, miokardium is gesensitiseerd vir die aritmogene effekte van katesjolamiene. Respiratories: gGeen speeksel sekresie op brongi, geen hoes refleks. Uterus: Verlaagde spierkontraksie wat eksterne draaiing van baba veroorsaak. Lewer: Hepatotoksies, word deur die lewer gemetaboliseer. |
Enfluraan |
SSS: Vinnige, gladde induksie. KVS: Nie sensitisering van miokardium, minder bloeddruk verlaging as Halotaan. Respiratories: Verlaag die asemhaling, meer verlaging as Halotaan. |
Isofluraan |
SSS: Vinniger induksie en herstelling as Halotaan. KVS: Verminder bloeddruk, minder verlaging van bloeddruk as halotaan en enfluraan. Respiratories: Potente onderdrukkende effekte. Moet nie vir 'n pasiënt gee wat spontaan moet asem haal nie of wat respiratoriese problem het nie. Word net gebruik vir die instandhouding. |
Desfluraan |
SSS: Nog vinniger induksie en herstel as isofluraan. Verhoog serebrale bloedvloei en intrakraniale druk. KVS: Minder bloeddruk verlaging as Halotaan en enfluraan. Respiratories: Skerp reuk. Vermei as 'n induksiemiddel omdat die die lugweg irriteer. Veroorsaak hoes, asemnood en laringospasma. |
Sevofluraan |
Effekte soortgelyk aan desfluraan, maar minder irriterend vir lugweë. Potensieer effekte van nie-depolariserende skeletspierverslappers net soos die ander gehalogeneerde Eters.
Ondergaan metabolisme en chemies onstabiel. |
Laggas (N20) |
SSS: Swak anesteties, potente analgetikum, amnesia. KVS: Geen effekte. Respiratories: Suiwer N2O gee hipoksie, dus meng ons altyd dit met suurstof of lug. Dit het geen skeletspierverslappende effekte nie. |
Noem die belangrikste toksiese effekte van die inhalasiemiddels.
Die belangrikste toksiese effekte by inhalasiemiddels:
By die gebruik van Halotaan: Hepatoksisiteit kan voorkom by die gebruik van Halotaan, omdat Halotaan deur die lewer gemetaboliseer word.
Laggas moet altyd saam suurstof gegee word, omdat dit hipoksie kan veroorsaak wanneer dit suiwer gegee word aan die pasiënt. Dit moet ook altyd saam met 'n ander anestesie middel gegee word omdat dit alleenlik nie potent genoeg is nie.
Desfuraan: Desfuraan het ʼn skerp reuk, dit is irriterend vir die lugweë, en as ʼn induksiemiddel veroorsaak dit dat die pasiënt gaan hoes, asemnood en laringospasma. Dus word Desfuraan nie gebruik word om anestesie te induseer nie. Desfuraan word dus net gebruik vir instandhouding.
Enfluraan moet verkieslik nie vir pasiënte wat epilepsie het gegee word nie, omdat dit erge konvulsies kan veroorsaak.
Sevofluraan word ook deur die lewer gemetaboliseer so daarom is dit belangrik om seker te maak daar word nie te veel daarvan gegee aan die pasiënt nie.
Metoksiefluraan kan toksies wees wanneer daar teveel van dit gegee word aan die pasiënt.