R DU TOIT

Default profile image
----------

Blog 9

18 Apr 2021, 15:26 Publicly Viewable

Blog 9

  1. Hoe vergelyk die sensitiwiteit vir blokkade deur ‘n LA van die volgende tipes vesels met mekaar?
    1. Gemiëlineerde vesels met ongemiëlineerde vesels.

Kleiner en gemielineerde vesels word makliker geinhibeer as groter ongemielineerde vesels

    1. Druk / tassenuwees met die dorsale senuwees wat pynimpulse gelei.

Dorsale senuwees in meer sensitief vir inhibisie as druk/tassenuwees en sal daarom makliker geinhibeer word.

  1. Maak ‘n lys met die effekte van LA op ander weefsels.

Senuwees:

  • Kleiner en gemiëlineerde vesels word makliker geblok as groter ongemiëlineerde vesels
  • Geaktiveerde pynsenuwees vuur vinniger af, pynsensasie word dus selektief geblok deur lokale anestetika - groter affiniteit vir oop ioonkanale
  • Vesels in middel van dik senuweebundel stadiger geblok as die aan die buitekant van die bundel - verskil van sensitiwiteit

Hart:

  • Klas 1 anti-aritmiese middels bv. Lidokaien wat ‘n Natrium kanale inhibeerder in die hart is, wat die aksie potensiaal(AP) verkort en die refraktêre periode verleng - kan toksiese effekte tot gevolg hê

Skeletspier:

  • Swak blokkerende effek en dus geen kliniese toepassing

  1. Waarop berus die keuse van ‘n LA?

Duur van terapieen die spesifieke kliniese gebruik wat benodig word bv. vir olftalmiese gebruik

  1. Waarom word oplossings van LA soms met CO2 versadig?

Die aanvang van werking word verhoog, omdat CO2 potensiering van die lokale anestetikum tot gevolg het.

  1. Watter van die LA word tipies vir oppervlakanestesie gebruik?

Kokaïen, Bensokaïen en Oksibuprokaïen