ELMARIE BORCHERDS

Default profile image
----------

Elmarie Borcherds_31742092 #Blog 11

10 May 2021, 09:13 Publicly Viewable

Noem ‘n voorbeeld van elk van die drie fenotiasien-subfamilies en sê hoe hulle van mekaar verskil in terme van potensie en newe effekte?

Alifatiese (Chloorpromasien) en Piperidien (Perisiasien) het ‘n lae potensie, het min ekstra-piramidale effekte (EPS), sterk anticholinergiese effekte, baie erge sedasie en veroorsaak gewigstoename. Dit kan ook ortostatiese hipotensie veroorsaak en kardiotoksies wees.

Piperasien (Flufenasien, Perfenasien, Trifluoperasien, Prochloorperasien) het ‘n hoë potensie, het meer EPS, swakker anticholinergiese effekte, minder sedasie en ook minder kardiotoksisiteit.

Watter reseptore word veral deur die tipiese antipsigotiese middels blokkeer?

Dopamien 2 reseptore

Hoe verskil die werkingsmeganisme van die atipiese middels van die van die tipiese middels?

Tipiese middels: Mesolimbiese dopamien 2 reseptore word primêr deur die middels geblok. Dit blok ook D2 reseptore in die CESA en het anti-emetiese eienskappe.

Atipiese middels: Blok 5-HT2a reseptore/inverse agoniste en sal meer die 5-HT2a/c reseptore blok as die Dopamien 2 reseptore.

  • Dit blok die konstriktiewe aktiwitweit van die h/d 5-HT2 reseptore.
  • h/d reseptore verhoog die vrystelling van DA, NA, Glutamaat, GABA, ACH ens in die korteks, limbliese stelsel en striatum.
  • 5-HT2c stimulasie inhubeer DA vrystelling in die korteks en limbiese stelsel.

Watter respetore wat deur ou geneesmiddles geblok word het ‘n laer risiko vir ekstrapiramidale newe effekte?

Dopamien 2 respetore

Watter van die ouer middels het ‘n hoë insidensie van ekstrapiramidale effekte?  Wat is die rede?

Fenotiasiene – piperasien derivate bv. Flufenasien, Perfenasien, Trifluoperasien, Prochloorperasien.

Haloperidol – potente DA2 blokker

Dit het ‘n hoë potensie.

A.g.v. watter reseptorblokkade het die alifatiese groep middels ‘n hoë insidensie van outonome newe effekte?

Alfa reseptore geblok deur multi-potente geneesmiddels