PAUL PRETORIUS

Default profile image
PAUL PRETORIUS

Blog #2

15 May 2021, 17:54 Publicly Viewable
  • Wat beteken anterograde amnesie en watter middels kan hierdie effek veroorsaak?

Anterograde amnesia is wanneer n pasiënt nie gebeurtenisse kan onthou tydens die werkingsduur van van n geneesmiddel nie.

  • Noem die effekte van die sedatief-hipnotiese middels op die normale slaappatroon en verduidelik wat is die belang daarvan vir die pasiënt.

Bensodiasepien lei tot die afname in tyd benodig om aan die slap te raak, sowel as die verhoging in die totale slaaptyd.

Dit veroorsaak n biethie vermindering in REM slap.

Dit lei tot die afname van fase 4 non-REM slaap.

DIt lei tot n verhoging in fase 2 non-REM slaap

  • Watter van die sedatief-hipnotika word as aanvullende terapie in anestesie gebruik.  Kan jy verduidelik hoekom?

Midasolam , Lorasepam en Diasepam word aanvullend gebruik omdat dit help met slaap en ook dat die pasient nie kan onthou wat tydens die operasie gebeur het nie.

  • Watter van die sedatief-hipnotika word as antikonvulsante gebruik?

Fenobarbitoon

Klobasam

Klonasepam

  • Wat is die meganisme van die spierverslappende effekte van sommige van die karbamate en die BD’e?

Postsinaptiese potensiaal word geinhibeer wat lei tot die onderdrukking van oordrag na skeletale spiere.

  • Bespreek die effekte van die sedatief-hipnotika op die respiratoriese en kardiovaskulêre stelsels.

Dit lei tot onderdrukking in respiratories- en kardiovaskulere stelsels.