Litium se hoofsaaklike werking vind plaas op 2de boodskapper vlak in die adenielsiklase en phosphosiklase sisteem. cAMP, IP3 en DAG ensieme verminder. Monoamien en cholinergies neurotransmissie word hierdeur beïnvloed.
0.5 – 1,5mM asook TD> 2mM. Dit gee ʼn baie klein terapeutiese indeks wat impliseer dat toksiese vlakke van die middel vinnig bereik kan word.
Monoterapie by akute episodes van unipolêre depressie asook instandhouding/ langtermyn behandeling van unipolêre depressie.
Verhoogde Li vlakke tot toksisiteit in kombinasie met die volgende middels: diuretika, nsaim’s, ace i’s, fluoksetien.
Verlaagde Li vlakke a.g.v. verhoogde uitskeiding deur middels kaffeïen, teofillien en teensuurmiddels.
Tradisionele APM’s kombinasie verhoog ekstrapiramidale effekte.
Konvulsies en moontlike dood kan gebeur met litium gebruik.
Litium is teratogenies tydens beide gevalle (hart defekte).
Akute manie; hipomanie, non-responsive depressie.
Me B. Polar (21 jaar, 60kg) is ʼn student en het die afgelope 2 maande die volgende medikasie gebruik:
Camcolit 600mg bd. Plasmavlakke wat na twee weke geneem is, was 0.8mmol/L. Sy het ‘n spierbesering opgedoen en gebruik ook die afgelope 10 dae Indocid R® 75mg n. By verdere navraag meld sy dat sy “vreeslik gewig opgetel” het en nou sommer van haar ma se “waterpille” drink in die hoop dat sy van die ekstra kilo’s ontslae kan raak. Sy kla egter dat sy baie moeg is, sukkel om haar oë in die klas oop te hou, dors bly en voortdurend bewerig en naar voel.
Haar litium vlakke is binne normale reikwydte d.w.s. geen aanleiding tot toksiese dosis of newe-effekte nie. Indocid is wel indometasien nsaid wat litium se plasmakonsentrasie verhoog. Dit is duidelik met die massatoename, moegheid, dors, tremor en naarheid simptome dat die Li vlakke gestyg het na toksiese vlakke Li, moontlik omgewing van 2mM en die newe-effekte tot gevolg het. My aanbeveling is om die waterpil te los want dit gaan haar nie laat gewig verloor of help met die dors nie. Dan ook die nsaid te los en ʼn ander terapie te kies vir die spierbesering om die ander newe-effekte van verhoogde Li vlakke teen te gaan.