Pyn is ʼn onaangename sensoriese en emosionele ervaring wat gepaardgaan met werklike of potensiële weefselskade = subjektiewe ervaring maw elke persoon ervaar pyn anders.
Die persepsie van pyn word beïnvloed deur die pasiënt se gemoedstoestand, moraal/moed en die betekenis wat die pyn vir die pasiënt het en of die pyn gekoppel is aan ‘n toestand of nie.
AKUUT: Vinnige pyn
· Agv skade veroorsaak deur ʼn besering en duur gewoonlik ʼn kort tyd. Bv. ʼn operasie kan akute pyn veroorsaak.
· Die pyn hou op wanneer die wond genees.
· Intussentyd sal pynstillers gewoonlik die pyn onder beheer hou.
CHRONIES : Stadige pyn
· Pyn wat veroorsaak word deur veranderinge aan die senuwees wat verantwoordelik is die pyn sensasie oordrag na die brein en duur voort lank nadat die besering of behandeling verby is, kan wissel van matig tot erg.
· Chroniese pyn kan moeilik wees om te behandel, maar pynstillers asook ander pynbeheermetodes kan dit dikwels suksesvol beheer.
Die sisteme is soortgelyk vir almal, maar die sensitiwiteit van ‘n persoon se brein bane bepaal hoe baie pyn jy ervaar en hoe jou liggaam dit hanteer. Dis hoekom verskillende mense verskillend pyn ervaar. Dit is belangrik omdat dit gaan bepaal watse strategieë gebruik gaan word om pyn te hanteer.
KEUSE VAN BEHANDELING
o Waar die pyn geleë is
o Hoe intens die pyn is
o Die tipe pyn – soos skerp, tintelend of dowwe pyn
o Of die pyn aanhoudend is, of kom en gaan
o Watter aktiwiteite of gebeure maak die pyn erger
o Watter aktiwiteite of gebeure maak die pyn beter
o Huidige medikasie
o Tot watter mate verlig huidige medikasie die pyn
o Die impak wat die pyn het op lewenstyl, soos swak kwaliteit van slaap of verlies aan aptyt.
Vir matige pyn gee ons gewoonlik parasetamol of ibuprofen