PAUL PRETORIUS

Default profile image
PAUL PRETORIUS

Blog #3

29 May 2021, 10:35 Publicly Viewable
  • Watter faktore kan die absorpsie en verspreiding van sedatief-hipnotiese middels beïnvloed?  Wat is die kliniese belang hiervan?

Vetoplosbaarheid beinvloed die absorpsie vir sedarief-hipnotiese middels. Hoe meer lipiedoplosbaar n middel is hoe vinniger sal die middel die brein sowel as ander organe soos die hart en niere bereik wat dus die verspreiding van die middel vinniger maak.

  • Wat beteken herdistribusie en wat is die belang daarvan?

Herdistribusie beteken die verspreiding van n middel van die bloed na die brein en dan weer uit die brein uit na weefsel toe. Die belang van herdistribusie is dat hierdie middels lank vat om uit die liggaam geilimineer te word omdat dit so wyd versprei word.

  • Hoe word die BD’e gemetaboliseer?  Gee die verskillende stappe in die proses.

1. Dealkilering waar aktiewe metaboliete vorm.

2. Oksidasie waarby sitokroom P450 betrokke is en daar ook aktiewe metaboliete vorm.

3. Konjugasie van die geoksideerde metaboliet om onaktiewe metaboliete te vorm.

  • Watter BD’e word na aktiewe metaboliete omgeskakel?  Wat is die belang hiervan?

Diasepam, Chloorasepaat, Prasepam, Chloordiasepoksied en Ketasolam. Die belang hiervan is omdat dit al 3 die stappe van metabolisme ondergaan en die werkingsduur dan verleng word.

  • Watter BD’e is nie afhanklik van die sitochroom P45 oksidatiewe ensieme vir metabolisme nie?  Wat is die voordele hiervan?

Oksasepam, Lorasepam, Temasepam, Lormetasepam. Die middels kan gebruik word in pasiente met lag sitochroom P450 aktiwiteit soos bejaardes omdat daar geen aktiewe metabolite vorm nie.

  • Wat is ensieminduksie?  Watter van die sedatief-hipnotiese middels is bekend hiervoor?  Wat is die kliniese belang van hierdie ensieminduksie?

Ensieminduksie is wanneer n ensiem se produksie versnel word of die ensiem geinduseer word deur n sekere geneesmiddel soos bv barbituraat fenobarbital. Die effek van die middel is korter omdat die middel se halfleeftyd verkort word.