R BOON

Default profile image
----------

Blog #13 LE 9.5

10 Jun 2021, 20:10 Publicly Viewable

Blog 13

Bespreek die moontlike werkingsmeganismes van litium.

Werkingsmeganisme: Li + ioon

Dit beïnvloed cAMP, IP3 & DAG 2e boodskappersisteme, lg deur onderdrukking van verskeie ensieme. Litium is belangrik in omskakeling en hersirkulasie van die membraanfosfoinositiede. IP3 & DAG is belangrik in monoamien en cholinerge neurotransmissie.

Wat is litium se terapeutiese indeks en wat is die kliniese belang daarvan?

0.5 - 1.5 mM; >2 mM = toksies. Dit is belangrik om toksisiteit te voorkom maar steeds n effektiewe dosis te gee wat die uitwerking van belang sal gee.

Wanneer word litium as enkelmiddel gebruik en in watter gevalle en met watter tipe middels word litium gekombineer?

Litium word as enkelmiddel gebruik vir monoterapie vir bipolere versteuring.

By weerstandge skitsofrenie kan litium saam met 2 antipsigotiese middels gegee word.

 

Noem 3 klinies betekenisvolle interaksies wat litium met ander middels kan hê.  Lig jou antwoord toe met gepaste geneesmiddelvoorbeelde.

  1. Dehidrasie, diuretika (tiasiede), NSAIM’s, ACE I’s & fluoksetien ↑ Li+ vlakke, toksisiteit
  2. Teensuur middels (bv. Na-bikarbonaat), teofillien, kaffeïen ↑ renale uitskeiding van Li+ (verlaag effektiwiteit)
  3. Neurotoksies kombinasie met karbamasepien (sekere APM’s?), Ca2+ blokkers, losartan, metieldopa, metronidasool en fenitoïen

Noem die belangrikste newe-effekte van litium.

Dit het n nou terapeutiese indeks en toksisiteit kan vining verkry word. Newe effekte by toksisiteit: Tremore, sedasie, ataksie, afasie

 Spierswakheid, moegheid

Polidipsie, poliurie, nokturie

Nefrogene diabetes insipidus (Li+ meng in met nier se vermoë om uriene te konsentreer) Tiroïedvergroting

Leukositoses

Edeem

Massatoename

Aknee, alopesie

Seksuele disfunksie

Wat is die status van litiumgebruik tydens swangerskap en laktasie?

Litium moet nie gebruik word tydens borsvoefing nie. Dit word afgeskei in die borsmelk en word so deur die baba ingeneem.

 

Noem 3 ander belangrike indikasies vir litium.

Bipolere versteuring

Depressive

Skitsofrenia

Evalueer die volgende geval en motiveer jou aanbevelings volledig:

Me B. Polar (21 jaar, 60kg) is ‘n student en het die afgelope 2 maande die volgende medikasie gebruik:

Camcolit 600mg bd. Plasmavlakke wat na twee weke geneem is, was 0.8mmol/L.  Sy het ‘n spierbesering opgedoen en gebruik ook die afgelope 10 dae Indocid R® 75mg n.  By verdere navraag meld sy dat sy “vreeslik gewig opgetel” het en nou sommer van haar ma se “waterpille” drink in die hoop dat sy van die ekstra kilo’s ontslae kan raak.  Sy kla egter dat sy baie moeg is, sukkel om haar oë in die klas oop te hou, dors bly en voortdurend bewerig en naar voel.

Camcolit se aktiewe bestandeel is litium karbonaat.Die newe effekte van Camcolit is naarheid, diarree, versteurde vissie, polirie, lighoofdigheid, spierswakheid en lomerigheid.

Indocid bevat endometasien as aktiewe bestandeel. Indocid se newe-effekte is hoofpyn, duiseligheid, braking, diarree, konstipasie, irritasie van die rectum en “ringing” in die ore.

Die waterpille se newe effekte is n verhoging in urinering en natrium verlies. Ander newe effekte sluit in duiseligheid, kopseer, dehidrasie, spierspasmas, gout en impotensie.

Ek sal aanbeveel dat Me B. Polar die waterpille stop drink omdat die inmeng met haar behandeling. Die gebruik van litium saam die waterpille kan lei tot dehidrasie. Dus sal haar dors les. Die waterpille is nie noodsaaklik nie omdat sy dit net drink om gewig te verloor. Ek sal dus haar raad gee rondom n gesonde dieet sowel as fisiese aktiwiteit. Haar plasmavlakke vir litium is normal (Reikwydte:0,5-1,5). Endometasien is n NSAID en kan dus toksiese litium vlakke produdeer. Die gebruik Indocid moet dus nie lank gebuik word nie en bloedvlakke moet gemonitor wees.